Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Brandweerman glimlag ná hy nou sy passie uitleef

Hy het nog altyd ’n passie gehad om mense te help en om ’n lewe te red.

Só sê Gary Bailey (24) oor sy besluit om ’n brandbestryder te word.

Bailey, van Cloetesville, is een van 32 brandbestryders wat onlangs gegradueer het.

Hy is tans besig met sy tweede seisoen as brandbestryder vir die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit in Stellenbosch.

Bailey het ná skool ’n IT-kursus gevolg, maar wou altyd in die brandweerdiens werk.

“Ek het altyd gesoek na geleenthede om ’n brandweerman te word. Dis baie lekker. ’n Mens het so baie avonture in die brandweerdiens. Sekere brande is lekker om te bestry, maar ander put jou baie gou uit.”

Ten spyte van lang skofte van 24 uur, geniet Bailey sy werk baie.

Volgens Bailey is die eienskappe van ’n goeie brandbestryder dat jy baie bewus moet wees van jou omgewing, fisiek fiks en sterk moet wees en dat jy uithouvermoë moet het.

“Jy moet ten alle tye gefokus wees.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.