Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bredasdorp-huise kry base

“Die deure gaan oop . . .”

Met dié woorde het een van die begunstigdes, wat kom deel het in ander inwoners se vreugdes, maar nog wag op sy eie huis in Area H, die gevoel beskryf van inwoners wat Dinsdag 3 September die sleutels van hulle pas voltooide huise ontvang het.

“Die ‘deur’ is by wyse van spreke nou oop, ’n mens kan deur die skrefie loer en begin droom en planne maak,” het ’n begunstigde vertel.

Andrew en Jacoba Jacobs het 23 jaar lank vir hierdie dag gewag terwyl Stanley en Celia Sheldon 18 jaar van hul lewe in verskillende agterplase, wendyhuise en plakkerskampe gewoon het.

Die oudste begunstigde, Fiela Simons, het ’n maand gelede op 8 Augustus die 75ste herdenking van haar geboortedag gevier en sal nou vir die eerste keer in haar lewe die voorreg hê om in ’n huisie te woon wat sy “haar eie” kan noem.

Dit is voor haar huis, die eerste een wat amptelik oorhandig is, waar spierwit duiwe losgelaat is, waar Fiela, voordat sy die sleutel in ontvangs geneem en die deur oopgesluit het, saam met die provinsiale minister van menslike nedersettings, Tertuis Simmers, en ander belangrike rolspelers, ook ’n duif kon vashou en op die regte tyd losgelaat het.

Op Gazette se vraag aan nog ’n begunstigde wat vroeër in die saal haar verhaal van sukkel en aanhou met almal gedeel het oor wanneer sy gaan intrek en wat sy heel eerste gaan doen, antwoord sy: “Soos enige ander vrou wat vandag of môre in ’n nuwe woonplek gaan intrek, gaan ek my gordyne ophang sodat mense sal weet hier bly iemand.”

Oor meubels waarvan sy as voormalige wendy- en agterplaasbewoner nog nie juis veel besit nie, sal sy haar later bekommer. Volgens haar is dit belangrik dat sy nou ’n dak oor haar kop het wat sy haar eie kan noem.

In die boodskappe wat deur Simmers, Paul Swart (die burgemeester van Kaap Agulhas-munisipaliteit) en ander rolspelers aan lede van die gemeenskap deurgegee is, het die woorde “menswaardigheid” en “verantwoor­delike huiseienaarskap”, by herha­ling voorgekom.

“ ’n Eie huis in ’n omgewing waar jy jou kinders kan versorg en grootmaak en die aanvaarding van die volle verantwoordelikheid vir die huis wat jy ontvang het, is en bly die enigste twee pilare waarop ’n stabiele en vooruitstrewende gemeenskap met vertroue gebou kan word,” het Simmers gesê toe hy die sleutels aan die begunstigdes oorhandig.

“Om jou huis, waarvoor jy so lank gewag en dikwels ook hard baklei het, uit te verhuur of om daarvan ’n smokkelhuis te maak, daarvan mag daar geen sprake wees nie,”het hy afgesluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.