Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Buite verband geruk’

’n Boemelaar was glo betrokke by die beweerde ontvoering van ’n kind by Laerskool Bredasdorp.

Volgens lt.kol. Gustaf Tamboer, stasiebevelvoerder van Bredasdorp-polisie, is die situasie op sosiale media buite verband geruk.

’n Brief van die skoolhoof van Laerskool Bredasdorp aan die ouers oor ’n beweerde poging tot ontvoering van ’n kind voor die skool, is 2 Oktober uitgestuur.

In die brief verseker Dwain Brown, skoolhoof van Laerskool Bredasdorp, dat hulle die voorval wat 1 Oktober plaasgevind het, in ’n ernstige lig beskou omdat die veiligheid van leerders ’n prioriteit is en hul reeds die nodige voorsorgmaatreels daargestel het vir die volgende paar weke om die veiligheid van die leerders te verseker. Daar is op sosiale media berig oor ’n onbekende man wat voor Laerskool Bredasdorp ’n kind probeer gryp het, maar gelukkig deur van die ouers gestop is.

Tamboer het Vrydag by navraag gesê die polisie het Donderdag in hul misdaadvergadering oor hierdie saak gepraat.

“In dié stadium is niks aan die polisie gerapporteer nie. Die lid betrokke by die voorval wil nie voortgaan met enige aksie nie aangesien die beweerde verdagte volgens hom ’n boemelaar is wat hy jammer gekry het en ook die gebeure nie so is as wat dit op sosiale media weergegee is nie. Ons respekteer die lid se gevoel en daarom is niks deur ons gepubliseer nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.