Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Burgemeester gee feestyd-boodskap

Die einde van die jaar is besig om vinnig nader te spoed. Elke jaar dié tyd begin almal dink aan Kersbood­skappe en goeie wense en hierdie jaar is geen uitsondering nie.

Kerstyd is ’n tyd van welwillendheid, ’n tyd van omgee vir mekaar. Kom ons gebruik dit om uit te reik na ons naaste. Ons dink ook aan almal wat hartseer en smart beleef het, aan dié wat hulle geliefdes, vriende, kollegas die afgelope jaar aan die dood afgestaan het en dra hulle aan God op vir genesing op Sy tyd.

Dié jaar was ook ’n jaar met optogte deur inwoners van Swartland. Baie van ons het groot skade gely deur ongekende onwettigheid, grondbesetting, plakkery en diefstal. Ook ons padgebruikers hou hulle in baie gevalle nie meer by die verkeersreëls nie.

Maar 2018 sal altyd onthou word vir die ergste droogte in baie jare. Maar saam met die Hemelse Vader het ons daardie tyd oorwin en agter ons gelaat. Swartland sal binnekort sy besparings­vlakke afwaarts aanpas en in ooreen­stem­ming bring met ons buurmunisipa­liteite om daarmee erkenning te gee aan u as gemeenskap vir die manier wat u gehelp het om ons deur die moeilike tydperk te dra. Ek en jy sal egter moet aanhou om water te bespaar.

Vir diegene van u wat Swartland oor die Kerstyd verruil vir ’n koeler of warmer klimaat, wens ek dat u veilig sal reis, goed sal uitrus en met nuwe geesdrif in 2019 sal terugkeer.

In hierdie Kerstyd wil ek aan een en almal ’n baie geseënde Kersfees toewens.

Mag u in hierdie tyd die hemelse vrede van Jesus Christus ervaar en in u harte saamdra deur die nuwe jaar, veral in aanloop na die nasionale en provinsiale verkiesings in 2019.

Ek wil vir almal baie dankie sê vir die bydraes, hoe gering ook al, wat u gemaak het tot die vooruitgang van die Swartland.

Dankie dat ons munisipaliteit u na aan die hart lê en vir die samewerking om te verseker dat die vennootskap tussen die raad, amptenare en die gemeenskap so goed werk.

Geseënde Kersfees en ’n voorspoedige Nuwe jaar aan almal! Mag julle wense gedurende 2019 vervul word met die liefde van ons Hemelse Vader.– Tijmen van Essen – Swartland-burgemeester

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.