Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Buurtwag leer oor noodhulp

Lede van AfriForum se Rondeberg-buurtwag en gemeenskapslede het Woensdag 3 April basiese noodhulp­opleiding ontvang.

Dié lede kan nou met noodsituasies basiese mediese hulp verleen terwyl hulle ook bloeding kan stop en kardio­pulmonêre resussitasie (KPR) kan toepas.

Thomas van Dalen, AfriForum se veiligheidsopleidingsbestuurder, het dié opleiding aangebied.

“Ons wil die buurtwaglede in ’n latere stadium vir verdere mediese opleiding stuur sodat hulle verskeie mediese noodgevalle kan hanteer totdat paramedici op die toneel opdaag,” sê Kim Poulton, voorsitter van AfriForum se Malmesbury-tak.

“Die Rondeberg-buurtwag reageer op ’n wye verskeidenheid situasies en mediese hulp is nie altyd onmiddellik beskikbaar nie. Dit is vir ons belangrik dat die buurtwag oor die nodige mediese kennis beskik om die gemeenskap ook in hierdie verband by te staan – veral omdat die buurtwag ’n ent uit die stad is en soms lank vir nooddienste wag,” sê Poulton verder.

Om by Afriforum se buurt- en plaaswagte betrokke te raak, SMS die woord “Veiligheid” na 45351 (R1/SMS).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.