Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
C-19 wurg steeds

Die aankondiging dat toeriste van 57 lande, waaronder vier van Suid-Afrika se grootste toeristemark, nog nie die land mag besoek vir ontspanningsdoeleindes nie, weeg swaar op die gemoed van die plaaslike toerismesektor.

Dit kom nadat president Cyril Ramaphosa op 16 September bekend gemaak het dat internasionale reis weer vanaf 1 Oktober vir die eerste keer sedert ’n nasionale ramptoestand aangekondig is weens die Covid-19-pandemie, toelaatbaar is. Ramaphosa het wel in sy toespraak gesê toeriste van sekere lande wat nog as ’n hoë risiko beskou word, sal nie in die land toegelaat word nie.

Vier van die lande op die lys is onder meer die Verenigde Koninkryk, Verenigde State, Frankryk en Nederland wat almal onder die topvyf-lande val waaruit Suid-Afrika sy meeste internasionale toeriste ontvang.

Toeriste uit Duitsland mag wel die land vir ontspannings­doeleindes besoek.

Volgens Weskus-toerisme toon die mees opgedateerde statistieke dat die meeste internasionale besoekers aan die Weskus vanaf Duitsland (23,2%),Verenigde Koninkryk (20,5%) en Nederland (7,2%) kom.

“Met die reisbeperkinge op sekere lande bly ons optimisties dat die geleidelike heropening van die toerismesektor wel plaaslike toerisme ’n hupstoot sal gee. Ekonomiese herstel sal geleidelik wees en ons weet dat die getal infeksies, nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd, ’n direkte impak op die toerismesektor het.

“Weskus-toerisme, in samewerking met die streke in die Weskus-omgewing, sal voortgaan om toerisme-aantreklikhede plaaslik te bemark. Oor die jare het ons ook ’n toename in besoekers van Suider-Afrika gesien, veral ons buurstaat Namibië,” sê Heinrich Robertson, woordvoerder van die Weskus-distriksmunisipaliteit.

Jolene Janse van Rensburg van die Swartland-wyn en - olyfroete sê die Swartland kry ook meeste van sy besoekers uit Duitsland, die Verenigde Koninkryk, Nederland en Frankryk maar dat plaaslike kelders in die streek ook toenemend meer besoekers uit die VSA, Swede en Japan kry.

Sy sê nou is juis die tyd wanneer die streek sy meeste buitelandse besoekers ontvang.

“Die meerderheid buitelandse besoekers aan die streek besoek ons gedurende die somer – veral Oktober, November en Januarie, Februarie. Alhoewel hier wel buitelandse besoekers gedurende Desember is, is dit oorwegend binnelandse skoolvakansiebesoekers wat dan hier rond kuier.”

Janse van Rensburg sê daar is reeds “beduidende tekens” dat die binnelandse besoekersgetalle in die streek optel – veral die Riebeekvallei en Darling wat tans groot aftrek oor naweke kry.

Sy moedig ’n besoek aan die streek aan en meen daar is ’n paar lekker plaaslike geleenthede om na uit te sien.

Dit sluit in Piket-bo-berg se ope naweek met die oopstel van fietsryroetes vir die publiek; Kalmoesfontein (AA Badenhorst Family Wines) se middagetes op die plaas in die Paardeberg en die Social Studio Art Encounters wat in Desember plaasvind. . Vir nog inligting besoek die Facebookblad “Swartland Wine & Olive Route”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.