Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Caledon-mense help die diere

Caledon-dieresorg wil almal bedank wat hulle in die grendeltyd bygestaan het en steeds ondersteun.

“Baie dankie vir alles wat julle vir ons gedoen het,” sê ’n dankbare Vanya Schöfmann, voorsitter en inspekteur van Caledon-dieresorg.

“Toe ons bewus geword het dat baie mense nie geld het om hul diere te voer nie, het ons van ons eie spaargeld gebruik om kat- en hondekos te koop en is daar elke derde dag uitgereik om die verhongerde diere te voer,” vertel Schöfmann.

“Ons het gou agtergekom die nood is veel erger as wat enigiemand besef en die diere hulp gaan nodig hê met kosvoorsiening om te voorkom dat ons diere sterf van die honger.”

Sy vertel hulle het na die gemeenskap uitgereik en goeie ondersteuning gekry.

“Ons wil vir die volgende mense baie dankie sê: Aan die vroue wat elke week vir ons mieliepap gekook het en sakkies gemaak het met beensaagsels, aan die vroue wat vir ons gekookte kos gebring het, aan almal wat sakke mieliemeel, pille en vleis geskenk het, die wat gehelp het om kos te maak, Romanda Marais en Suretha van Dyk en al die ander vrywilligers wat saamgery het om die kos te gaan uitdeel.”

Die voorsitter sê dit maak ’n mens se hart bly om te sien hoe ’n gemeenskap saamstaan as die nood druk.

“Dit het ’n mens se hart warm gemaak om te sien hoe almal hande gevat het en dit is ’n voorreg om deel te wees van ’n gemeenskap wat so baie omgee.”

Schöfmann sê ongelukkig is die nood steeds groot en is diere honger.

“As enigiemand na Caledon-dieresorg wil uitreik, kan hulle vir Schöfmann by 083 366 9177 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.