Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Caledon-polisie groet kollega

Caledon-polisiekantoor en die gemeenskap is Maandagaand geruk deur die skielike heengaan van’n geliefde kollega, vriend en lid van die gemeenskap.

Wolfie, soos AO Jacques Meissenheimer onder sy kollegas en vriende bekend was, is verlede Maandagaand in sy slaap, vermoedelik aan’n hartaanval, oorlede. Hy was 48 jaar oud.

Sy afsterwe is met skok en ongeloof deur sy kollegas begroet.

AO Meissenheimer was verbonde aan Caledon-polisie waar hy in beheer was van SAP 13 Stoor (bewysstukke). Verder het hy ook die polisieklarings vir voer­tuie behartig. Hierbenewens was hy ook van tyd tot tyd by misdaadvoorkomings­operasies betrokke. En wanneer daar betogings hiér of in die naburige dorpe plaasgevind het, was hy maar al te gewillig om te help.

Meissenheimer is in Bellville gebore en het aan Hoërskool Swaanswyk in Kaapstad gematrikuleer.

Hy was getroud, maar is later geskei. Uit die huwelik is twee dogters, Aretha (19) en Jean-Mari (15), gebore.

Hy het tot en met sy dood by sy 69-jarige moeder, Nicolene, gewoon na wie hy omgesien het.

Messenheimer was ’n nederige persoon, saggeaard en baie gewild onder sy kollegas.

Hy sal onthou word vir sy talle grappe en veral sy staaltjies uit sy dae by die blitspatrollie in die Kaap, waar hy in ’n stadium gewerk het.

Hy was ’n gedissiplineerde lid van die diens wat sy seniors en medekollegas met respek behandel het.

Wanneer hy verkeerd was, sou hy sy fout erken en om verskoning vra. Iets wat nie maklik in die hedendaagse polisiediens gebeur nie.

In sy vryetyd het Meissenheimer graag gelees en rolbal as sport beoefen. Hy het oor ’n wye algemene kennis beskik en almal gehelp waar nodig.

Meissenheimer het 27 Desember 1988 by die polisie aangesluit.

Hy was tot en met sy heengaan 29 jaar in diens van die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD).

Na sy basiese opleiding is hy na Rondebosch Estate uitgeplaas wat sy eerste werkplek was.

Daarna het hy op verskillende plekke naamlik, Brixton-blitspatrollie-eenheid (1993-1995), Kaapstad-blitspatrollie-eenheid (1995-1997), Maitland-blitspatrollie-eenheid (1997-2012) diens gedoen, voordat hy sy loopbaan 17 April 2012, na ’n plasing in Caledon, voortgesit het.

Meissenheimer het ook verskeie kursusse suksesvol deurgeloop. Verder het hy verskeie medaljes ontvang waaronder, 10 en 20 jaar getroue diens en ’n medalje vir die bekamping van terrorisme.

Hy word oorleef deur sy moeder, Nicolene, broer, Cobus, en sy twee dogters Aretha en Jean-Mari.


. Die begrafnisdiens sal Woensdag 15:00 by die NG Sendingkerk in Caledon plaasvind. Hy sal daarna veras word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.