Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Caledon-vroue knap siekeboeg op

Lede van Caledon-dameskring het onder leiding van Marna du Toit die Heidehof-siekeboeg oorgedoen.

Dit was ’n projek om ’n verskil in die omgewing te maak. Die lede het elkeen skenkers genader vir geldelike hulp en in ’n ommesientjie is die verlangde bedrag ingesamel en kon hulle aan die werk spring.

Op pad na die siekeboeg is ’n bankie met ’n pragtige kussings gestoffeer van materiaal met fynbos-motiewe daarop. Net ’n paar tree verder loop jy jou vas in ’n oudtydse vensterraam met foto’s van proteas asook ’n spieël. Die stoele is nuut oorgetrek en van die kussings het ook ’n motief van fynbos daarop. Die mure is liggrys geverf en ’n nuwe blinding is opgesit. Die houtstrook wat reg rondom die vertrek aangebring is, sal keer dat die stoele nie lelike merke teen die muur maak nie. Alle stoffeer- en houtwerk is deur Plein Vintage gedoen.

Jané Swart het pragtige proteas teen die mure geskilder. Twee asemrowende mooi foto’s, geneem deur Liesel Kershoff, hang teen die muur vir inwoners om daarna te kyk en hulle dan te verbeel hulle is in die natuur. ’n Nuwe muurhorlosie asook ’n mooi spieël is aangebring.

Caledon-dameskring wil graag al hul donateurs hartlik bedank vir hul ondersteuning. “Daarsonder sou ons nie die inwoners en personeel se dae só kon ophelder om in te leef en te werk nie.” . Ongelukkig kon ’n groot groep donateurs nie verlede Dinsdag teenwoor­dig wees by die dankie-sê-tee wat gereël is deur Rika du Buisson en die bestuur van Heidehof nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.