Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Covid-19 ’n werklikheid

“Mammie moet die mense waarsku – Covid-19 is ’n werklikheid.”

Dít was van Ronsley Williams (28) se laaste woorde aan sy ma, Samantha Carstens, kort voor hy vroeg Dinsdag­oggend (6 Oktober) in haar arms oorlede is.

Williams, wat in Malmesbury gebore en aan die Hoërskool Kasselvlei in Bellville gematri­kuleer het, het in 2014 die leisels van Eco Boland Car Wash by sy ma, ’n sakevrou van dié dorp, oorgeneem nadat sy dit in 2012 begin het.

Hy en sy broer Brandon het ook die afgelope paar maande diep reinigingsdienste aan sakeondernemings gebied.

Volgens Carstens het haar seun Maandag 28 September sleg begin voel. Hy is die Vrydag dokter toe waarna hy dadelik in die hospitaal opge­neem is nadat sy dokter ver­moed het dat hy Covid-19 opge­doen het. Hy het die hele na­week op suurstof in die hospi­taal deurgebring en is positief vir die virus getoets. Williams het die Maandagog­gend beter begin voel en sou verder by sy ma se huis aansterk.

“Hy het die Maandagaand verswak, maar hy het vir my gevra om hom nie weer hospi­taal toe te neem nie. Hy het gesê indien iets gebeur, wil hy by die huis wees.”

Williams is ’n paar uur later in sy ma se arms oorlede.

Carstens sê hy het in sy laaste uur vir haar gevra om mense teen die virus te waarsku – juis omdat hy ook gedink het dat hy dit nooit sou opdoen nie. “Hy het gesê mense moet begin besef hoe ernstig dit is.”

Volgens Carstens is die hele familie asook werkers by die karwas vir die virus getoets, maar almal se uitslae het negatief teruggekom.

Sy sê sy gaan haar seun se glimlag en die tye wat hulle saam deurgebring het baie mis.

“Ek gaan alles van hom mis.”

Williams is op 2 Maart 2019 met sy vrou Angelique getroud.

’n Gedenkdiens is Sondag vir hom gehou. Weens die beper­king op dienste het die familie voor die diens ’n blomme-deurry gehou vir mense wat ’n laaste eer wou betoon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.