Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dagga in kerksaal gekweek

Twee plaaslike inwoners van Piketberg is op borgtog vrygelaat nadat hulle verlede Dinsdag (9 Julie) in hegtenis geneem is toe die Valke se narkotika-eenheid (Saneb) op ’n dagga-laboratorium in Bo-Berg toegeslaan het.

Hennie Bredenkamp (54) en Cornelius Coetzee (30) is onderskeidelik op borgtog van R5 000 en R1 000 vrygelaat en moet weer op 12 September in die landdroshof verskyn.

Dit volg nadat Saneb op ’n hidroponiese dagga-laboratorium in ’n ou kerksaal afgekom het. Daggaplante ter waarde van nagenoeg R700 000 asook toerusting is binne gevind.

Die Valke-woordvoerder kapt. Philani Nkwalase het vroeër gesê ’n intelligensie-gedrewe ondersoek het hulle na dié daggakwekery gelei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.