Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Déan van Dyk sprei sy vlerke nou na die toneelbedryf

’n Graad 12-leerder aan Hoërskool Dirkie Uys in Moorreesburg skuur nou skouers met van die land se voorste akteurs.

Déan van Dyk het in die grendeltyd gewys om ledig te wees, is nie die antwoord nie en het vir ’n landwye dramakompetisie ingeskryf. Hy moes ’n kort dramastuk of monoloog vir die kompetisie instuur.

Die organiseerders het hom in kennis gestel dat hy een van die 200 leerders is wat gekies is om deel te neem aan die dramakompetisie, Speeltoneel. Daar was meer as 8 000 inskrywings oor die land heen.

Dié gesogte kompetisie word deur bekende akteurs van die kykNET-sepies, Binnelanders en Suidooster afgerig.

Die fasiliteerders is Desiré Gardner (Carmen van Suidooster/Daleen van Binnelanders), Reynardt Hugo (dr. Tertius Jonker van Binnelanders), Je-ani Swiegelaar (Naomi van Binnelanders) en Germandt Geldenhuys (Louis van Binnelanders). Die dramaprojek word deur Anthonie Bougas van ABS-produksies aangebied, wat ook die vervaardiger van die televisiereeks Uitblinkers is.

Déan word vir die volgende jaar via video’s, Zoom-vergaderings en WhatsApp-oproepe afgerig en touwys gemaak. Hy ontvang weekliks video’s van dramalesse wat hy in sy toneelspel moet implementeer. Elke maand kry hy ’n ander tema waarna hy ’n video van sy opdrag aan Gardner, sy fasiliteerder in die Wes-Kaap, moet stuur. Gardner kontak hom persoonlik elke maand via ’n video-oproep, waarna sy terugvoering aan hom gee rakende sy drama­video. Tot dusver was sy baie ingenome met Déan se toneel­spel en het hom as ’n baie talentvolle, natuurlike akteur beskryf.

Déan gaan in April 2021 in ’n kortfilm op kykNET-kanaal 147 verskyn en dus die geleentheid kry om saam met bekende mense in die bedryf te werk.

Dié matriekleerder se veelsydigheid ken geen perke nie.

Gazette het verlede jaar ook oor Déan berig toe hy sy “vlerkies” ontvang nadat hy een van 30 leerders was om gekies te word vir die Young Falcons-akademie by die Ysterplaat-lugmag­basis en sy opleiding van twee jaar suksesvol voltooi het.

Déan beplan om volgende jaar BPharm (aptekerswese) aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom te gaan studeer en is reeds voorlopig vir die graadkursus aanvaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.