Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Die Groot Opdrag

In Matt.28:19 gee Jesus ’n opdrag aan alle Christene om dissipels te maak van alle nasies en hulle te doop en alles te leer wat Hy ons geleer het. Ons mag nie hierdie opdrag verwaarloos nie. Wanneer ons tot redding kom is dit ons verantwoordelikheid om te groei in die Woord van God en om ander mense na Jesus te lei. Ons sien so dikwels dat mense die Here Jesus aanneem as Verlosser, maar daarna volg daar nie veel groei nie en hul dra ook nie hul getuienis uit nie. Daar is seker verskeie redes vir hierdie neiging, maar die Here sê in Sy woord. “Waarom noem julle my Here, Here, en doen nie wat Ek sê nie?” Luk. 6:46.

Ons mag nooit selfsugtig wees en dink “ek is nou gered, so ek het vrede met die res en solank ek net die hemel haal, gee ek nie om wat van die ander ongereddes word nie”. Ongehoorsaamheid is ’n sonde en Vader God se hart is seer oor die duisende siele wat verlore gaan. God skep elke dag vir Sy kinders geleenthede om die Evangelie met mense te deel. Ons moet hierdie geleenthede raaksien en dit aangryp want God is met ons.

As ons die opdrag van Jesus wil uitvoer, moet ons besef daar is ’n verskil om die waarheid aangaande Jesus te weet, om die waarheid te glo, en om werklik vir Jesus te volg. Ons moet nie net Sy Woord ken nie; ons moet dit uitleef.

Nadat jy hierdie artikel gelees het gaan die Here vir jou geleenthede skep om dissipels te maak – kyk uit vir die geleentheid.

Seënwense, pastoor Gert Visser, Every Nation, Caledon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.