SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Nuus
Die jaar se nuus in oorsig

Vervolg van bl. 1. . In Augustus begin die grondoordrag van Plaas 39 in Genadendal ná 15 jaar. Plaas 39 is deel van die hervor­mingspro­gram vir grondoordrag wat in 2003 deur die departement van grondhervorming ingestel is.

’n Sesjarige dogtertjie word wreed in Grabouw verkrag.. Nampo-skou lok minstens 16 000 besoekers in September met sy eerste uitstalling in Bredasdorp.

Die jaarlikse polisiestatistieke toon dat geweldsmisdaad in TWK styg terwyl seksuele aanranding en inbrake by woonhuise in Kaap Agulhas toegeneem het.

Die gebruik van dagga in private hoedanigheid word deur die konstitusionele hof aanvaar.. Die Overberg-gemeenskapstrust vier sy 20 ste bestaansjaar in Oktober.

Die afskiet van vuurwerk in die openbaar word deur Theewaterskloof-munisipaliteit verban.. Die gemeenskap van Caledon is in November in rou oor die ontydige dood van Eddie Labuschagne, skoolhoof van Hoërskool Overberg.

Daar is gemengde gevoelens oor vanjaar se oes onder Overberg-boere maar ondanks die droogte is dit ’n gemiddelde tot bogemiddelde oes.

Jamé Pienaar van Groenberg Sekondêr word aangewys as die Theewaterskloof en Kaap Agulhas Gazette se Supersport Let’s Play wenner.. Villiersdorp is geskok oor die tragiese dood van drie inwoners in Desember, waarvan een maar 11 jaar oud was.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.