Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Die kuns van inlê maklik

Wat is nou beter as ’n tuisgebakte broodjie met ’n dik laag egte botter en iets soet, geurig en tuisgemaak om bo-oor dit te smeer?

Om vrugte in te lê of te verwerk tot konfyt is ’n kuns, maar dit is ’n kuns wat maklik bemeester kan word.

Hierdie week wil Gazette jou wys hoe om maklik en eenvoudig van jou gunstelingvrugte te kan verwerk en te kan inlê.

A PPELKOOSKONFYT Bestanddele:2 kg appelkose, ontpit2 kg suiker500 ml waterMetode

Plaas al die bestanddele in ’n groot kastrol.

Bring tot kookpunt oor medium-hitte terwyl jy roer – die suiker moet gesmelt wees vóór die mengsel begin kook.

Draai die hitte af wanneer dit begin kook.

Staan heeltyd by die kastrol om die skuim wat bo-op dryf, af te skep.

Moenie bekommerd wees as jy van die vloeistof saam met die skuim uitskep nie.

Dié konfyt kook vir presies 30 minute.

Toets dit daarna (sien hieronder) en gooi die warm konfyt in gesteriliseerde bottels.Hoe toets jy dit?

Plaas ’n piering vir 15 minute in die yskas.

Gooi ’n klein bietjie warm konfyt daarin. Laat staan vir 5 minute.

Stoot die konfyt met jou vinger – as plooitjies bo-op vorm, is dit reg

LEMOENKONFYT (MARMELADE) Bestanddele4 groot lemoene2,5 liter water12 x 250 ml witsuikerMetode

Was die lemoene, sny in kwarte en maal of verwerk met skil en al tot glad.

Verhit water en suiker saam oor lae hitte tot suiker gesmelt is. Voeg die gemaalde lemoene by en verhit tot kookpunt.

Kook 1½-2 uur vinnig tot dit stol as dit op n koue piering geskep word. Giet warm in gesteriliseerde bottels of flessies en seël. (Die konfyt sal loperig wees as dit warm is, maar stol sodra dit koud word.) .

Geniet op roosterbrood. Lewer 1,5F konfyt.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.