Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Die lewe gaan voort vir onderwyseres

“Ek glo dat God ’n doel met alles het,” sê Hendrika Samuels-Claassen (51), onder­wyseres by Liebenberg Primêr in Malmesbury.

Hendrika ly aan vlak 4-karcinoïde sindroom. Dit kom voor wanneer sekere siektes in jou bloedstelsel afgeskei word deur ’n seldsame kankeragtige gewas wat ’n karcinoïdale genoem word.

Dié siekte is reeds in Januarie 2016 by haar gediagnoseer.

“Dit was vir my ’n baie harde slag. Ek kon nie verstaan waarom ek so siek kon word nie omdat ek nog altyd gesond leef en eet,” sê sy.

Soos wat haar toestand agteruitge­gaan het, het sy geweldig baie gewig verloor en het in ’n stadium skaars 27 kg geweeg.

Die afgelope jaar moes Hendrika reeds twee operasies ondergaan en sy ontvang maandeliks inspuitings wat die groei van die karcinoïede gewasse vertraag.

“Ek moes talle aanpassings maak en moes ook weens my siekte nege maande verlof neem.”

Sy oefen nou gereeld en eet meer gesond en stelselmatig is haar gesondheid besig om te herstel.

Met die hulp en ondersteuning wat sy van haar gesin, kerk, gemeenskap en kollegas die afgelope twee jaar ontvang het, het sy dit reggekry om haar siekte te aanvaar en daarmee saam te leef. Hendrika weeg nou 72 kg en is gek oor Zumba.

“Die dae waar ek deurnag aan ’n vraestel kon werk, is verby. Ek is nie meer daardie ystervrou van vroeër nie,” grap sy.

Hendrika sê haar diagnose beteken nie die einde van haar lewe nie. Sy leef vir haar man, Gregory, seun O-Ryan Samuels, haar kleinkinders en die kinders vir wie sy onderwys gee.

Sy gee vir die afgelope 25 jaar onderwys van verskillende vakke by Liebenberg Primêr en werk as vrywilliger by Kansa in Malmesbury waar sy kankerpasiënte en hul families ondersteun.

“My ervaring het my geleer om te leef asof elke dag my laaste dag is. God het geweet ek sou hierdie siekte kon hanteer. Hy weet ook waarom dit ek en nie iemand anders moes wees nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.