Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Diefstal van teëls by graf maak geliefdes bekommerd

Vier dae nadat hulle haar man se graf met teëls opgeknap het, is byna al die teëls gesteel.

Francis Jeneke (67) sê haar seun het vir sy verjaardag in Januarie besluit om die graf mooi te maak en te teël. “Dié jaar, 7 Februarie, is die graf geteël en op 12 Februarie laat weet die werkers by die Robertson-begraafplaas dat die meeste van die teëls gesteel is. Dis baie hartseer,” sê sy.

Volgens Francis is haar man Dirk Jeneke 18 September 2017 oorlede nadat pankreaskanker by hom gediagnoseer is.

“Ná vyf maande is my man oorlede. Dis nou al meer as ’n jaar, maar dit bly seer en sulke voorvalle maak dit nie makliker nie,” vertel sy.

“Die kwaaddoener moes dit seker die Maandagaand (11 Februarie) gesteel het, want die werkers wat dáár werk het vir ons gesê daar het iemand geloop. Die Dinsdag, (12 Februarie) toe bel hulle vir ons om te sê die teëls is af,” sê sy. Volgens Francis is die teëls in ’n sakkie naby Dirk se graf gekry.

Dis ook nie die eerste keer dat hulle iets van haar man se graf steel nie.

“In September 2017 toe hy oorlede is, het hulle ook ’n kruis op sy graf gesteel. Ek verstaan nie waarom hulle dit doen nie,” sê Francis wat ten minste een keer ’n maand haar man se graf besoek om vars blomme op te sit en dit skoon te maak.

“Ek wil net hê mense moet bewus wees van wat aangaan. Die mense sien nie jou hartseer nie en dis alles deel daarvan,” sê Francis.

“Net soos ’n mens begin gesond raak, gebeur só iets. Dit maak my baie hartseer. My man het 3 Maart verjaar en dis sy tweede verjaardag in die hemel,” sê Francis.

Dié voorval is by die polisie aangemeld.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.