Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Digter bereik baie

’n Talentvolle jong kunstenaar van Malmesbury stel eersdaags sy eerste digbundel bekend.

Die skrywer, digter en akteur, Ashwin Arendse (23) se debuutdigbundel getiteld Swatland wat deur Kwêla Boeke – ’n druknaam van NB-uitgewers – uitgegee word, is vanaf Dinsdag 16 Februarie landwyd beskikbaar.

Ashwin, ’n oudleerder van Schoonspruit Sekondêr, het ook in 2019 saam met sy medeskrywer, Cantona James, die teks vir die teaterproduksie Dieselle geskryf wat tydens die Suidoosterfees by die Kunstekaap-teater op die planke te sien was.

Oor wat gelei het tot die publisering van ’n digbundel vertel hy dat hy as student reeds in sy vrye tyd begin het om ’n paar gedigte te skryf. Tydens sy studies in drama en teater by die Universiteit Stellenbosch is hy genooi om iemand anders se gedig by die US Woordfees voor te lees. Hiér het hy die aandag van Nathan Trantraal – bekroonde Kaapse digter en iemand waarna Ashwin al jare na opkyk – gevang. Hy het Ashwin aangemoedig om hom op sy eie digkuns toe te spits. Drie maande later het hy ’n voltooide manuskrip gereed gehad. Hierna het hulle die manuskrip vir Kwêla Boeke gestuur waar dit deur die verskeie kanale is en uiteindelik die groenlig gekry het.

Volgens Ashwin raak die gedigte verskillende temas oor sy persoonlike reis van kindsbeen tot nou aan.

“Ek skryf eerstens vir myself. Die gedigte gaan oor my ervarings van kind tot nou, die spaces waardeur ek beweeg het –goed soos rassisme maar ook goeie memories. Dit is eintlik maar ’n tydlyn van my lewe tot nou. My experiences die kant van die brug en my relationship met die ander kant van die brug, en Stellenbosch.”

Die Swartland speel ook dus as agtergrond vir die temas.

Wat die digbundel nog meer uniek maak, is dat dit in Kaaps vertel word.

“Ons doen iets in die bundel wat vernuwend is.”

Netwerk24 skryf in ’n resensie van die bundel: “Die verhalende gedigte in Swatland speel grootliks in Malmesbury af en word aangebied in die taal wat deur die bruin gemeenskap in dié gebied gepraat word: Kaaps met sy kenmerkende bry-klank.

“Ashwin Arendse gebruik op vernuwende wyse die geromantiseerde ghayn-simbool om die bry-klank skriftelik in sy debuutbundel uit te beeld.

“Die digter is ’n fyn waarnemer wat ruimtes en karakters met raak beskrywings verbeeld. Hou hierdie nuwe digter gerus dop.”

Ashwin sê hoewel hy mettertyd sy bry met stemopleiding afgeleer het, word bry, wat kenmerkend aan die Swartland is, skriftelik in die bundel uitgebrei.

Ashwin was een van die eerste studente wat in 2020 sy meesters in kreatiewe skryfkuns in Kaaps gedoen het deur die Rhodes-Universiteit in Grahamstown.

“Hulle doen ground breaking werk daar”, vertel hy. “Baie mense dink om in die bedryf te wees moet jy suiwer Afrikaans kan praat, maar dit is nie so nie.”

Sy studies daar het ook as motivering gedien om sy tweede bundel klaar te skryf.

Maar hoewel hy vroeg in sy twintigs al meer as die meeste jongmense sy ouderdom bereik het, laat hy nie toe dat sy sukses hom definieer nie.

“Dit mag dalk vir baie [mense] baie beteken, maar vir my beteken dit nie veel nie, want dit is iets waarvoor ek lief is, dan vergeet ’n mens van die accomplishments. Dit is nie dat ek ondankbaar is nie, maar as ek tevrede is [met die eind-produk] het ek bereik wat ek wou bereik. Vir my beteken dit veel meer as my gedigte iets vir die volgende persoon beteken.”

Met Covid-19 is daar teen ’n amptelike boekbekendstelling besluit, maar Ashwin oorweeg om ’n aanlyn boekbekendstelling ’n paar dae ná die vrystelling te doen. Volg hom op Facebook by “Ashwin Arendse” of Instagram by @ash_arendse.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.