Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dís die rampvereistes

Gazette het op 2 Julie in “Wind waai dak wegin Môreson”oor die gure weer berig. Dit nadat inwoners van Môreson in Robertson groot geskrik het toe ’n stormsterk wind ’n afdak by ’n huis in die voorste straat afgewaai en dit op die bure in die agterste straat se dak beland het.

Die afdak het ongeveer 100 m van Freesialaan af tot op ’n huis in Papawerlaan gewaai en twee groot gate gelaat.

Volgens die waarnemende munisipale bestuurder van die Langeberg-munisipaliteit, Anton Everson, is die sterk wind wat deur inwoners in die omgewing ervaar word, ’n natuurlike verskynsel en voldoen dit nie aan die beskrywing van ’n ramp by die nasionale rampsentrum nie.

“Die munisipaliteit as ’n staatsorganisasie kan dit slegs binne die raamwerk van die wet as ramp hanteer,” het Everson gesê.

“’n Ramp word beskryf as ’n progressiewe of skielike, wydverspreide of gelokaliseerde, natuurlike of menslike gebeurtenis wat veroorsaak of dreig dood, besering of siekte te veroorsaak; skade aan eiendom, infrastruktuur of die omgewing; ontwrigting van die lewe van ’n gemeenskap en omgaan met die uitwerking daarvan deur slegs hul eie hulpbronne te gebruik.

Die ramp moet ook van so ’n omvang wees dat dit die vermoë van diegene wat geraak word, oorskry om die uitwerking daarvan te hanteer deur slegs hul eie hulpbronne te gebruik,” voeg hy by.

Everson sê die Langeberg-munisipaliteit sal net in die geval van ’n ramp wat aan die vereistes voldoen kospakkies en komberse as verligting verskaf.

Hy sê nadat hulle inspeksie gedoen het, het hulle ontdek dat die eiendomme wat gedurende die sterk wind beskadig is, private eiendomme is en is ongelukkig die verantwoordelikheid van die eienaars.

“Weer eens doen ons ’n beroep op al die gemeenskappe om meer bewus van die uitwerking van die weer op hul eiendom te wees en ook alle moontlike maatreëls te tref om dit te verminder.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.