Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Dis een groot familie’

Preston Moses (38) is die voorsitter van Caledon-krieketklub.

Sy bynaam is Moses en hy is die laaste krieketspeler wat ons vanjaar beter leer ken.

Geboortedatum: 24 September 1980

Geboortedorp: Caledon

Waar het jy jou laerskool- en hoërskoolloopbaan begin?

Swartberg Primêr en Swartberg Sekondêr

Gunstelingkos: Glad nie uitsoekerig nie. Ek hou baie van aartappelslaai

Gunstelingfliek: Coach Carter en Any Given Sunday

Waar het jou liefde vir krieket begin?

In ons agterplaas waar ek saam met my vriend, Peter Lewis, krieket gespeel het.

Wie is jou grootste inspirasie? Definitief my moeder (Alida’Ali’Moses). Met haar barmhar­tige hart en liefde het sy my geleer om die klein dingetjies te waardeer.

Wie is jou gunsteling-klubspeler en jou -internasionale speler? Klubspeler sal dit een van Caledon wees met al die talent wat ons het. Ek sal die hele span kan noem. Internasionaal, King Kallis en Dale Steyn

Moeilikste teenstander? Grabouw en Bredasdorp. Spelers: Morgan Davids (Bredasdorp) en Donovan du Toit (Elgin)

Persoonlike doelwitte vir die seisoen? Om die 50 boulbeurt-kompetisie in ons streek te wen en ook die titel as die T20-kampioen in die streek suksesvol te verdedig.

Hoogtepunte as voorsitter van klub? Dis verblydend om te sien hoeveel meer mense betrokke raak by Caledon-krieketklub dit beteken ons is besig om te groei.

Vertel ons meer van jouself?

Ek is ’n maklike persoon om oor die weg te kom. Ek waardeer eerlikheid en opregtheid en hou van fliek.

Vertel ons ’n bietjie meer van die bestuur en spelers? Ek kon nie vir ’n beter span gevra het nie. Hierdie groep manne sal ek vir niks verruil nie. Die spelers is ’n mengsel van ou en jongmanne wat mekaar goed aanvul. Hulle is ’n familie en ondersteun mekaar.

Waar sien jy die klub oor vyf jaar? Beslis ’n premierliga-span van die Overberg.

Wat is van die moeilike uitdagings by die krieketklub? Om krieket in Caledon een van die bronne te maak wat die jeug kan weghou van misdaad en dwelms. Ons as klub wil krieket aan die jongmense leer en ons kan dit net reg kry as daar planne is.

Wat geniet jy die meeste van die klub? Die Klub is my tweede huis. Hierdie familie is uniek. Hierdie klub sal ek vir niks in die wêreld verruil nie.

Enige verwikkelinge of projekte wat geïmplimenteer gaan word vir die toekoms? Ons beplan in die nabye toekoms om krieket bloot te stel aan die dagsorgsentrums in Caledon deur ’n sportdag te reël vir kleuters waar die klubspelers en bestuur sal betrokke wees. Die kleuters is immers die sportmanne en -vroue van die toekoms en dit is ons plig om krieket aan hulle bekend te stel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.