Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dít is die uitwerking wanneer krane toegedraai word

Inwoners van Robertson moes die afgelope tyd genoeg water opgaar vir wanneer die krane op geskeduleerde tye toegedraai sou wees.

Die watertoevoerstelsel aan die suidoostelike kant van die dorp word opgegradeer. Die Langeberg-munisipaliteit het op sosiale media by inwoners gepleit om deur die hersteltydperk verdraagsaam te wees.

  • Cornel Hough, die eienaar van Illusions Hair Design en Livine Santee, ’n gastehuis, sê hulle was oningelig oor wat aangaan met die drukking en wanneer die water afgesit gaan word.

Hulle het wel boodskappe van die munisipaliteit oor wanneer die water glo sou afgaan en ’n SMS oor die drukking van die water ontvang, maar sê hulle was teen verlede Donderdag, toe Gazette met hom gepraat het, reeds vier aande aanmekaar sonder water. Volgens Hough was nie net ongerieflik nie, maar het dit ook sy onderneming geraak. Hough sê hy doen al die afgelope 20 jaar sake in Robertson en die probleem met die water is nou die ergste in twee dekades.

  • Vir Illusions Hair Design sê hy is die uitwerking nie so groot nie en hulle het nie eintlik besigheid verloor nie, omdat hulle meer in die dag werk en die water in werksure normaal is. Hulle tref voorsorgmaatreëls, maar kliënte het al gebel om te vra of hulle water het en wat die toestand van die water is.

Hulle moes kliënte ook op hul sosialemediaplatforms herinner dat hulle wel oop is om hare te doen.

  • Vir Livine Santee, wat ook skoonheidsdienste lewer, is die uitwerking egter baie groter. Hy sê hulle kon van Sondagaand af nog nie die skottelgoedwasser gebruik nie; hulle kon ook nie die wasmasjien gebruik nie en kon ook nie beddegoed ruil nie omdat hulle nie vooraf ingelig was oor wat aangaan nie en nie voorsorg maatreëls kon tref nie.

Toe Gazette Donderdagmiddag met Cornel gesels was dit steeds so. “Die dorp het vroeër in die jaar probleme gehad met die gehalte, kleur en reuk van die water. Die kleur van die water was nie reg nie en dit het ’n reuk gehad. Die probleem met die watertoevoer is ongerieflik en ek sal enigiets ondersteun en bystaan wat gereël word om op te staan teen dit wat gebeur,” sê Hough.

  • Die munisipaliteit het egter by iemand anders ’n pluimpie gekry. Jacques Steyn, die eienaar van Bird’s Paradise, sê hy verstaan dat ontwikkeling aan ’n dorp se infrastruktuur belangrik is. Juis daarom het hy nie probleme met die tye wanneer die water af is nie.

Alhoewel dié toerisme-aantrekliheid moontlik geraak kan word, sê hy hulle het maatreëls ingestel. Hy sê die voëls moet drie keer op ’n dag water kry. Wanneer tye vir wateronderbreking geskeduleer is, het hulle die diere se waterbakke vroegtydig volgemaak. Hy sê daar was nie enige krisisse as gevolg van die toevoer wat onderbreek is nie.

Steyn sê die kommunikasie van die munisipaliteit was doeltreffend genoeg en hulle het by die geskeduleerde tye gehou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.