Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dorp groet Robertson

’n Geliefde inwoner van Robertson, wat toevallig dieselfde van as dié dorp het, is verlede week tydens ’n spesiale diens gegroet nadat hy tragies oorlede is.

Denver Robertson (82) het sy grootwordjare in Mosselbaai deurgebring waarna hy die werksmag betree het en as bestuurder van die bekende Nestlé-groep werksaam was.

Hy is later na die Transvaal verplaas waar hy ’n hand gehad het in die oprig en bestuur van talle fabrieke wat die Nestlé-groep in verskeie streke daar gehad het.

“Hy was lief vir mense en was uitstekend in sy werk. Dit was een van sy passies,” vertel sy vrou, Ria Robertson.

Hy het later besluit om eerder op die klein fabrieke te fokus en is in 1989 ’n pos in Robertson aangebied.

Hier het hy vir nege jaar nog elke dag gewerk en sy kennis en passie met sy medewerknemers gedeel.

Op 27 Augustus het hy egter begin sleg voel en is in die Worcester-hospitaal opgeneem, maar op 30 Augustus is hy oorlede.

“Hy het verskriklike probleme met asemhaling gehad. Hy was ook baie deurmekaar en het van buikpyne gekla. Hy het ook met dermontsteking gesukkel. My man is vir Covid-19 getoets, maar die uitslag was negatief. Hy is drie dae nadat hy opgeneem is, oorlede.”

Ria vertel dit is vir haar baie hartseer en dat sy hom baie gaan mis.

“Hy was ’n groot man, maar hy het ’n klein hart gehad. Hy het ’n haastige humeur gehad, maar hy was steeds liefdevol en regverdig. Ek sal hom baie mis.”

Dié egpaar het drie kinders en het ook tragies ’n paar jaar gelede ’n dogter aan die dood afgestaan nadat sy in ’n motorongeluk betrokke was. Hulle het ook vier kleinkinders en twee agterkleinkinders.

“Ons is geseën en ons is dankbaar. Ons het Maandag (7 September) afskeid van hom by die Robertson-oos-kerk geneem.”

Sy vrou sê sy sal veral sy liefde vir diere en die natuur mis.

“Hy het altyd die dierekanale op televisie gekyk. Hy was baie lief vir die wildtuin en was ’n man vir die natuur,” het sy bygevoeg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.