SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Nuus
Draai na die Heerser en vind dié tyd van die jaar vrede in God

Advent is die tyd van die jaar waarna almal uitsien – uitsien na Jesus wat met ons moeite maak. Ons gebruik gewoonlik vier Sondae om die uitsien te begelei. Sondag van hoop, vrede, vreugde en liefde.

Johannes die Doper het iets van die vrede na vore gebring in die manier hoe ons na God kan kom. Bekering is die woord wat ons in die kerk dikwels gebruik, maar dit raak dan ook ’n woord wat ons in die kerk los. ’n Ander woord vir bekering kan dalk wees om te sê ons draai om na God. Dit betrek my liggaam, ek gaan nie links stap nie, maar regs – in ’n ander rigting as waaraan ek gewoond geraak het. Dit betrek my gedagtes, ek gaan dink hoe dien ek God en nie my eie koninkryk nie. Dit is dan om te besef ek is deel van God se koninkryk in Caledon. Woord en daad verander dus in my lewe en ek begin die vrug van die Gees dra.

In die tyd van Vrede kan ons begin by die gedagte dat God vertrou my met mense. God as Koning ken aan my geliefdes toe om te versorg in Sy koninkryk en ek draai na God en na hulle toe. Kom ons lees so stukkie van Johannes se manier van omdraai na God in Luk 3:1-6: Dit was die vyftiende regeringsjaar van keiser Tiberius. Pontius Pilatus was goewerneur van Judea, en Herodes heerser van Galilea. Sy broer Filippus was heerser van Iturea en Tragonitis, en Lisanias heerser van Abilene. Annas en Kajafas was die hoëpriesters. In daardie tyd het die woord van God tot Johannes, die seun van Sagaria, in die woestyn gekom. Hy het deur die hele Jordaan-streek gegaan en verkondig: Bekeer julle en laat julle doop en God sal julle sondes vergewe. So staan dit geskrywe in die boek van die profeet Jesaja: “Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit. Elke kloof moet opge­vul en elke berg en bult platgemaak word; die krom paaie moet reguit en die ruwe paaie gelyk word. En al die mense sal die verlossing sien wat van God kom.”

Mag jy die tyd God se vrede beleef deur terug te draai na Hom.Vrede – Dewald (NGK Caledon)

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.