Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Drie dood in ongeluk

Villiersdorp is geskok oor die tragiese dood van drie inwoners, waarvan een maar 11 jaar oud is.

Lt. kol. Chrisna Auret, stasiebevel­voerder van Villiersdorp-polisie, sê ’n ongeluk het Sondag omstreeks 16:00 op die R43, omtrent 2 km buite Villiersdorp op pad na Worcester, plaasgevind.

Die bestuurder van die motor was op pad terug na Villiersdorp. Die voertuig het glo die gruis getref en die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor. Die voertuig het gerol en in ’n vrugteboord beland.

Daar was ses insittendes in die motor waarvan die bestuurder se ma op die toneel oorlede is. Sy seuntjie (11) is op pad na die hospitaal oorlede asook ’n vroulike passasier.

Die bestuurder se vrou en hul ander kind is steeds in die hospitaal. Hul toestand is stabiel.

. Volgens Auret word daar ’n saak van strafbare manslag en dronkbestuur ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.