Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Drie mans vas ná huisroof

Malmesbury-polisie ondersoek ’n klag van huisroof ná vyf mans op ’n plaashuis op die Klipheu­wel-pad toegesak het.

Volgens polisiewoordvoerder, kapt. Marco Heydenrych, was die huiseienaar aan die slaap toe hy omstreeks 23:15 Vrydag 18 Janu­arie wakker geword het van ’n geluid by die deur. Hy en nog ’n huisbewoner het in die kamer gebly. Vyf mans het die kamerdeur oopgedwing en die kamer binnegekom. Die klaer het glo een van die mans herken. Die verdagtes het die twee huisbewoners gedwing om op te staan en hul hande vasgebind. Die verdagtes het met ’n horlosie en selfone te voet van die toneel gevlug.

Heydenrych het gesê drie verdagtes is 20 Januarie in Philadelphia vasgetrek nadat hulle glo nog ’n slagoffer probeer beroof het. Een van die verdagtes is positief deur die klaer geïdentifiseer as die verdagte wat hy in die huisroof herken het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.