Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dronkies se dae getel

’n Geïntegreerde padveiligheidsplan is onlangs van stapel gestuur.

Dié plan vir die suidelike deel van die Weskus-distrik is Vrydag 26 Oktober in Moorreesburg deur Donald Grant, die minister van vervoer en openbare werke in samewerking met die burgemeesters van die Weskus, Swartland, Saldanha en Bergrivier bekendgestel.

Die Distriksveiligheidsplan (DVP) is in 2016 eers in Caledon bekendgestel. Volgens die minister het ernstige padon­ge­lukke met 29% gedaal ná die bekend­stelling van dié program in Caledon.

“Om die doel van die DVP te bereik, vereis die voortdurende implementering van veilige padvervoerstelsels wat veilige padgebruikers, voertuie, paaie en spoed behels. Dié program is in ooreenstem­ming met die Safe Systems-benadering wat nie net in verskeie lande geïmple­menteer is nie, maar ook deur wêreldleiers ondersteun word,” het die Wes-Kaapse verkeershoof, Kenny Africa, gesê.

Volgens Africa is die Weskus gekies ná die toenemende padsterftes wat in die distrik aangeteken is as gevolg van die hoë verkeersvolumes op die R27 en die N7.

Luidens Africa toon 2010-’16 se forensiese patologiese statistieke dat 505 padongelukke in dié streek aangeteken is. Dié statistieke is stelselmatig besig om toe te neem aangesien meer en meer padgebruikers op die Weskus-paaie dood is. In 2016 is 54 voetgangers, 46 passasiers en 39 bestuurders in die streek in padongelukke dood. Ongeveer 17% van dié sterftes was in die Bergrivier, 33% in Saldanhabaai, en die oorblywende 50% in die Swartland.

Die Weskus-distriksveiligheidsplan sal die Bergrivier-, Saldanha- en Swartland-omgewing dek en sal geïdentifiseerde verkeersveiligheidskwessies teiken.

“Die mees algemene probleem in hierdie omgewing is mense wat onder die invloed van alkohol op die pad is, veral op Saterdagaande, en die lewe van ander padgebruikers in gevaar stel,” het Africa gesê.

Die DVP sluit in:

. Om die bestuurders wat onder die invloed van alkohol ry te verminder.

. Die sogenaamde Random Breath Testing (RBT)-projek, waarin lukrake asemtoetse vir alkohol by sekere plekke in die Weskus gedoen gaan word.

. Om padsterftes, wat veral Saterdagaande deur dronkbestuurders veroorsaak word, te voorkom.

. Om hande met die munisipaliteite en plaaslike polisie en verkeersdepartement te neem om padongelukke te probeer verminder.

“Ek is vol vertroue dat die Weskus se DVP suksesvol sal wees, nie net om die bewustheid van verkeersveiligheid onder padgebruikers te verhoog nie, maar ook om lewens te red,” het Africa gesê.

Die departement van vervoer en openbare werke beplan om die DVP-program na die noordelike gedeelte van die Weskus en die Wynland se oos-distrik uit te brei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.