Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Eenheid wys tande vir misdaad

Die Swartland spog nou met sy eie K9-eenheid.

Die Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, het Woensdag (7 Oktober) dié nuwe eenheid, wat bestaan uit ses honde en hul hanteerders, by die Moorreesburg-weegbrugstasie, langs die N7, bekendgestel. Vier van die honde is opgelei om onwettige verdowingsmiddels uit te snuffel terwyl twee opgelei is om plofstof, vuurwapens en ammunisie op te spoor.

Die K9-eenheid sal as deel van die Swartland se wetstoepassingsdienste ontplooi word en sal die hele Weskus-distrik vir spesiale operasies bedien. Die eenheid sal polisiedekking en die reaksietyd verbeter waar voorheen die hulp van eenhede van Milnerton-polisie ingespan moes word om die distrik met sulke operasies by te staan.

“Ons weet dat die N7, en baie van sy kusdorpe, veral geraak word deur die handel en vervoer van onwettige middels aangesien dit ’n nasionale pad is wat na die Suid-Afrikaanse grens lei. Hierdie eenheid sal baie help om wetstoepassingsamptenare by te staan om oortreders vas te trek en voor die gereg te bring om dus die veiligheid van inwoners aan die Weskus te verbeter. “Ek is gefassineer deur die opleiding wat aan die K9-eenheid gebied word, wat hulle in staat stel om te reageer op die spesifieke misdaadneigings wat die Weskus raak soos onder meer die handel in onwettige middels,” het Fritz gesê.

Die K9-eenheid is opgelei om ondersteuning te bied by geïntegreerde wetstoepassingsoperasies in terme van:. Voorkoming van die onwettige vervoer van verdowingsmiddels, plofstof en stropery van marinehulpbronne;. Misdaadvoorkoming te lewer deur middel van ’n geïntegreerde multidissiplinêre model wat gerig is op die bekamping en voorkoming van misdrywe;. Die nakoming van die toepaslike wetgewing, onder meer die Nasionale Padverkeerswet, die Strafproseswet, die dwelm- en dwelmhandel en die Wet op die Beheer van Vuurwapens;. Toename in dekking deur die gebruik van K9-hulpbronne ná ure; . Die handhawing van ’n hoë mate van sigbare polisiëring deur middel van K9-patrollies, ontplooiing na geïdentifi­seer­de gebiede wat die weegbrug, sleutel­punte en geïdentifiseerde brandpunte insluit.

Die departement van gemeenskaps­veiligheid het finansiering aan die Swartland-munisipaliteit verskaf om die oprigting van die eenheid te vergemak­lik, wat die Weskus-distriksmunisipaliteit se veiligheidsplanne ondersteun. Nog twee K9-bekendstellings sal saam met die Stad Kaapstad en die Overberg-distriksmunisipaliteit plaasvind.

Aldus Fritz: “Ons is verbind tot die sukses van hierdie program. As sodanig het die departement in die 2019-’20-boekjaar R4 miljoen aan hierdie program aangewend, en R2 miljoen vir 2020-’21 en R2,2 miljoen vir 2021-’22 geoormerk.”

Fritz het die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, geprys vir sy aandeel in die konseptualisering van die projek in sy termyn as minister van gemeenskapsveiligheid.

“Ek sien daarna uit om die kwartaallikse vorderingsverslae van die munisipaliteit oor die bereikte teikens en uitsette te ontvang, asook ’n gedetailleerde uiteensetting van die uitgawes en die balans van die geld tot op hede. Die verslag sal gedetailleerde operasionele terugvoer en/of tekortkominge bevat wat ons en die munisipaliteit sal lei in ons gesamentlike vennootskap en implementering. Ons werk beter saam,” het hy afgesluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.