Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Eiesoortige wynterreine in tien nuwe wyke ingedeel

Tien nuwe wyke is deur die Wyn-en-Spiritusraad se afbakeningskomitee goedgekeur as terreine met eiesoortige grond en klimaat – wat aansluit by vele ander voorbeelde van gebiede in die Kaapse Wynland met wynterreine, oftewel terroir, met merkwaardige eiesoortigheid.

Hierdie nuwe afbakenings sal bydra tot nog meer interessante resultate by die Novare SA Terroir Wyntoekennings.

Hierdie eksklusiewe wynkompetisie, nou in sy 14de jaar, is onlangs deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging (Sanwsa) oorgeneem as ’n gevestigde gebeurtenis in die plaaslike wynbedryf. Die doel is om hierdie oorsprong-gebaseerde wynkompetisie se regmatige erkenning van top-wyne uit spesifieke terreine uit te bou.

Vyf van die nuwe wyke is deur die afbakeningskomitee in die Robertson-wyndistrik geïdentifiseer, naamlik Ashton, Goedemoed, Goree, Goudmyn en Zandrivier.

In die Swartland-distrik is twee wyke toegevoeg, naamlik Paardeberg en Paardeberg-Suid, en die res is Agter-Paarl in die Paarl-distrik, Springfontein Rim naby Stanford in die Walker Bay-distrik, en Nieuwoudtville in die Namakwa-distrik van die Noord-Kaap.

Slegs wyne wat by die Wyn-en-Spiritusraad gesertifiseer is as wyn van oorsprong van ’n spesifieke Wyk, ’n distrik wat nie in meer as een wyk verdeel is nie, ’n landgoed-geproduseerde wyn en enkelwingerdwyn mag deelneem. Dit is jaarliks insiggewend om te sien watter terreine top-wyne van watter kultivars en style oplewer. Die volume-vereiste vir inskrywings is slegs 180 liter.

Die nasionale wenners van die Novare SA Terroir Wyntoekennings word by die toekenningsfunksie met sertifikate vereer. Die wenners in die kategorie-gebiede word in die amptelike dokumentasie aangekondig en sertifikate kan bestel word. Bottel-seëls kan vir beide die nasionale wenners én distrik/wyk-wenners bestel word.

Novare Terroir Trofeë vir die top- enkelwingerdwyn, top-landgoed, top- wyn-area, top terroir produsent en top wyn van die kompetisie word ook toegeken.

Inskrywings vir die kompetisie sluit op 11 Junie en die afleweringsdatum van monsters vir beoordeling is op 13 en 14 Junie. Die beoordeling vind van 2 - 5 Julie plaas en die toekenningsfunksie wat deur Novare aangebied word, is op 1 Augustus.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.