Gedurende die naweek van 14 tot 16 Februarie 2020 vind die 19de kykNET se Buite-ekspo by die Môreson-plaas, net 10 km buite Malmesbury langs die N7, plaas.
In 2020 sal die uiters gewilde konsep tien jaar oud wees. Met die laaste geleentheid het net meer as 20 000 besoekers dit bygewoon – wat dit die grootste ekspo van sy soort in die Wes-Kaap maak en die organiseerders se stoutste verwagtinge oortref het! Vanweë die sukses van die konsep spog die ekspo ook met baie prominente senior mediavennote, senior borge en diensverskaffers waarsonder hierdie ekspo nie moontlik sou gewees het nie.
Die ekspo is hoofsaaklik gemik op buitelewe- en relevante uitstallings en beloof om die nuutste in hierdie veld aan die besoekers te bied. Uitstallers bly dan ook die hele naweek op hul uitstalruimtes en rig hulself só in dat die publiek eerstehands kan ervaar hoe die produkte werk, sou hulle dit aanskaf en self gebruik. Alle uitstalruimtes het maklike toegang tot krag, water en badkamergeriewe.
Tesame met die uitstallings word daar ook lekker pretaktiwiteite vir die hele gesin aangebied – André de Villiers van Safari 4x4 Roetes bied gratis 4x4-hindernisritte met ’n Amarok aan; dan is daar veld- en vierwielmotorfietsvertoinings en -ritte asook helikopterritte om maar ’n paar te noem.
Om die ekspo se tiende verjaardig te vier, is daar spesiaal ’n kykNET Buite-ekspojol aangebied deur Jimmy’s Steakhouse Sauces met kykNET-sepiesterre. Daar word gedurende die naweek ook verskeie ander interessante kompetisies en aktiwiteite op die terrein aangebied.
Daar word ook weer die jaar gespog met ’n kunsmark wat beloof om baie interessant te wees. Ondersteun ook die splinternuwe Swartland-wyntuin met van die lekkerste wyne en heerlike eetgoed beskikbaar.
Besoekers hoef ook nie bekommerd te wees dat hulle gaan honger of dors raak nie, want daar is hierdie jaar selfs meer gekeurde kosverskaffers om in almal se smaak te voorsien! Daar is ook ’n Castle Light-kroeg en biertuin en ’n baie gewilde “slush-tuin” om almal se dors te les. Die kykNET se buite-ekspo is nie ’n musiekfees nie, maar daar kan uitgesien word na ’n paar uitstekende Hankook-kunstenaars, onder andere Amore, Nadia Louw, Desmond Wells, Pieter Smith, Joe F, Cheree, Wicus van der Merwe, Sam en Calla en Melo3 – SA se splinternuwe girl band wat die skougangers sal vermaak as een van die aktiwiteite by die kykNET se hoofarena terwyl daar lekker afgekoel en gekuier word ná ’n besoek aan die uitstallers.
Bring gerus die kinders saam – daar sal meer as genoeg wees vir hulle om te doen by die pretpark, terwyl ma en pa die talle buitelewe-produkuitstallings geniet! Maak ook seker om nie Sondag die Lollos-vertoning te mis nie.
Naweekkampering raak nou vinnig vol, maar kan nog bespreek word deur ’n e-pos te stuur aan moresonmalmesbury@gmail.com, of vir alreeds opgerigte en toegeruste tentkampering aan admin@you2camp.com.
Skakel gerus vir Marius by marius@ekspo.co.za of 082 570 5758 vir enige bemarkings-, borgskap- of medianavrae en vir Tersia by accounts@ekspo.co.za of 071 659 9915 vir uitstallers navrae.
Besoek die webwerf by www.ekspo.co.za vir nog inligting.