Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ellen Pakkies: ‘Ouers moet kyk wat hul kinders doen’

Die gemeenskapsaal in Montagu was verlede Woensdagmiddag volgepak vir die vertoning van die fliek Ellen Pakkies.

Ellen Pakkies, op wie se lewensverhaal die fliek gegrond is, het self ’n inspirerende toespraak gelewer.

Die vertoning is deel van ’n ingrypingsprojek teen dwelm- en drankmisbruik in die gemeenskap en is deur Rescue Among Many (RAM) ’n organisasie sonder winsbejag in Kaapstad, aangebied.

“Ons werk al die afgelope agt jaar in die Montagu-gemeenskap en het die laaste paar jaar gesien hoe die jeug met dwelm- en drankmisbruik sukkel,”sê Carol Bruton, voorsitter en stigter van RAM.

“Ons wil mense deur Ellen Pakkies se verhaal bemoedig om teen dwelm- en drankmisbruik te baklei. Ons wil hierdeur ook voorkomend optree en hulp aanbied waar mense reeds in die greep van dwelm- en drankmisbruik vasgeval het,” voeg sy by.

“My grootste hoop is dat die jeugdiges wat nog met dwelms wou eksperimenteer, dit hierna nie sal wil doen nie en dié wat reeds begin het, hulp sal soek. Ons wil hê ouers en kinders moet weet hulle is nie alleen nie,” sê sy verder.

“Ons het ’n goeie verhouding met organisasies en ondernemings in Montagu wat gereeld met ons hande vat wanneer ons projekte hier aanpak.”

Ellen Pakkies het in haar toespraak haar lewensverhaal oor haar hartseer, pyn en armoede vertel en inwoners aangemoedig om hulp te soek.

“Ek wil veral vir die ouers sê om te kyk wat hul kinders doen en na hul hulpgeroep te luister. Daar is baie hulp daar buite; ons moet net bereid wees om te verander.

“Praat met iemand. Soek hulp. Ons kinders is al wat ons het. En moenie ophou bid vir hulle en vir mekaar nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.