Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Entrepreneurs leer meer

Meer as 40 plaaslike entrepreneurs het onlangs werksessies in Piketberg en Velddrif bygewoon.

Dié werksessies is daarop gefokus om mikro-ondernemings gelyke toegang tot geleenthede te bied en sodoende ekonomiese groei in die Bergrivier- munisipale gebied te bevorder. Dié werksessies is deur die Bergrivier-munisipaliteit se departement van voorsieningskanaalbestuur aangebied om opkomende mikro-ondernemings te bemagtig om sake met die munisipaliteit te doen.

Dit is na aanleiding van die stigting van SMME-forums in die Bergrivier- munisipale gebied deur Bergrivier-munisipaliteit se departement van strategiese dienste. SMME-forums is reeds in Piketberg, Porterville, Redelinghuys en Velddrif gestig met die doel om klein sakeondernemings te bemagtig en te verseker dat die ekonomie van die Bergrivier-munisipale gebied groei deurdat klein ondernemings gelyke toegang tot geleenthede het.

Bergrivier-munisipaliteit het vir hierdie doeleindes ’n ooreenkoms met die Weskus-sakeontwikkelingsentrum aangegaan om te fokus op die bemagtiging van klein sakeondernemings in Bergrivier en te verseker dat hulle voldoen aan alle wetlike vereistes.

Die munisipaliteit het die volgende inligting met die entrepreneurs gedeel: Die prosesse van voorsienings­kanaalbestuur (VKB), wetlike vereistes waaraan prosesse en aanbiedinge moet voldoen, praktiese demonstrasies oor hoe om die munisipaliteit se webwerf te gebruik met uitnodigings wat vir tenders/kwotasies geplaas word, hoe om die sakeonderneming se inligting op te dateer en handige wenke hoe om sakegroei te stimuleer en aanbiedinge in te handig.

Nelmarie Bothma, bestuurder van uitgawes en voorsieningskanaalbestuur, sê: “Ons wil graag hê dat meer plaaslike sakeondernemings op die Sentrale Verskaffer-databasis (SVD) moet registreer wat deur die nasionale tesourie bestuur word. Dit is uiters belangrik, aangesien dit die eerste stap is om sake met die munisipaliteit te doen.”

Bothma het gesê tenders is oop vir die publiek en het plaaslike entrepreneurs aangemoedig om aansoek te doen by die munisipaliteit vir verdere sake.

Vir nog inligting, skakel Bothma by 022 913 6000 of praat met Israel Saunders, hoof van bates en voorsienings­kanaalbestuur of Elorese Scholtz, rekenmeester van voorsieningskanaalbestuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.