Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Entrepreneurs wys wat hulle kan doen

Altesaam sewe spanne het vanjaar Theewaterskloof-munisipaliteit (TWK) se Biggest Deal-entrepre­neurskaps­program suksesvol voltooi.

Alfra Cox, senior ontwikkelings­beampte van plaaslike ekonomiese ontwikkeling van TWK het Saterdag verduidelik dié konsep is vanjaar effe gewysig om die spanne se produkte ten toon te stel in plaas daarvan om ’n galageleentheid aan te bied.

Die program het in 2013 as ’n vennootskap met Tyresö-munisipaliteit in Swede begin. Die program het ten doel om die jeug met vaardighede te bemagtig ten einde hulle eie werk te skep wanneer hulle die skool verlaat en tot die arbeidsmark toetree.

Van die leerders word verwag om ’n aantal take as deel van die uitdaging te voltooi, met die hulp van hul mentor. Hierdie take sluit in die opstel van ’n onderhoud met die uitvoerende hoof van ’n gevestigde plaaslike sakeonder­ne­ming, hoe om ’n bankrekening te open en hoe ’n inkomste- en uitgawestaat te bestuur.

Die span met die hoogste wins wen die uitdaging en die kontantprys van R10 000 kan weer in hul sakeonder­neming belê word.

Vanjaar se wenspan was Quantity en Quality van Groenberg Sekondêr met ’n wins van R11 090. Die span in die tweede plek was ook van Groenberg en in die derde plek was De Villiers Graaff en De Rust Futura vierde.

Christelle Vosloo, uitvoerende burgemeester van TWK het vertel met ’n besoek aan skole in Swede het sy gesien hoe kinders geleer word om ’n sakeonderneming te bedryf.

“Hulle werkloosheidsyfer in 2011 was 4%. Ons het teruggekom en ek het gevra hoe ons moet maak om dié program by ons skole van stapel te stuur.” Vosloo sê dit was ’n paadjie van hartseer en baie lag. “Ons kon selfs van ons vorige wenners na Swede neem om ’n uitstalling by te woon.”

Vosloo meen Suid-Afrikaanse kinders dink buite hul raamwerk. “Met die bietjie wat ons het, vermag ons baie.” Sy sê die stalletjies van die spanne wat vanjaar deelgeneem het, was elkeen uniek.

Die sleutelborge vanjaar was ABSA, die departement van ekonomiese ontwikkeling van die Wes-Kaapse regering en Theewaterskloof-munisipaliteit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.