Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Excelsiors troef Blakes

Excelsiors-rugbyklub het vir groot opskudding gesorg toe hy vir Blakes met 12-10 geklop het.

Dié jaarlikse derby het Saterdag 5 Mei in Cloetesville plaasgevind.

Die gasheer, Blakes, wat verwoed aangeval het, kon nie verby Excelsior te verdediging kom nie.

Excelsiors het eerste bloed geruik toe die vleuel, Justin “Slaptjips” Spannenberg ’n los bal opgetel het en onder die pale gaan druk het.

Hierna het Kyle Hendricks verdoel.

’n Soortgelyke drie deur Blakes se flank, John Noble het die telbord op 7-5 gehad.

Gedurende rustyd het harde woorde in die kleedkamer geval en so het die wedstryd in Excelsiors se guns begin swaai. Die woelige skrumskakel, Waseem “Siempie” Cornelson, het in die hoek ’n drie gaan druk nadat byna die hele span die bal hanteer het.

Dié drie was die laaste spyker in die doodskis aangesien Blakes nooit gelyk het soos ’n span wat in ’n hoër liga as Excelsiors in WP-klubrugby speel nie.
.
Op 12 Mei het Excelsiors aan ’n toernooi in Worcester deelgeneem en al drie wedstryde gewen.

In die eerste wedstryd het Excelsiors vir Tulbagh met 12-7 geklop, die volgende wedstryd wen hy met 14-0 teen Klein-Karoo.

Excelsiors is uiteindelik as die wenner gekroon toe hy vir Edin met 13-12 in die eindstryd geklop het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.