Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Familie dankbaar om te lewe ná hul byna als verloor

’n Paarl-Oos inwoner sê sy en haar familielede het baie om voor dankbaar te wees ten spyte van die feit dat hul huis gebrand het.

Cornelia Swarts sê sy het verlede Dinsdag, 26 Februarie, omstreeks 03:45, wakker geword toe haar suster “benoud geskree” het.

“Ek het uit gehardloop en net gesien die huis is aan die brand,” vertel Swarts. Sy woon in Annie Benjaminstraat in Rabiesdale.

Swarts, wat al vir 26 jaar na pleegkinders omsien, sê sy het dadelik daarop gefokus om al agt kinders uit die hoofhuis te kry. Saam met haar, haar man en haar kinders, woon haar twee broers en haar suster ook op die erf. Sy sê twee slaapkamers en ’n kar is in die brand verlore.

Swarts sê die hele familie is ongedeerd en hulle is reeds besig om op te ruim. “Ek woon al langer as 25 jaar in daardie huis, ek wil eintlik net vir de brandweer baie dankie sê, en vir die gemeenskap vir hul gebede en bystand,” het sy gesê. . A Paarl East resident thanked the fire brigade for good service after her house caught fire in the early hours of Tuesday 26 February. She said her entire family, including eight foster children, was saved.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.