Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
FAS: Bly eerder weg van alkohol

Die internasionale dag vir die bewusmaking oor fetale alkoholsindroom (FAS) is Maandag 9 September vir die 20ste keer gehou.

Dié dag word sedert 1999 jaarliks wêreldwyd op 9 September gevier. Die datum is gekies om vroue daaraan te herinner om geen alkohol te gebruik vir die nege maande van haar swangerskap nie.

Volgens ’n woordvoerder hou die gebruik van alkohol met swangerskap ’n wye reeks moontlike fisieke, ontwikkelings- en gedragsprobleme vir die ontwikkelende fetus in.

“Hoewel mense dikwels van fetale alkoholsindroom-kinders praat, besef die mense nie dat daar ook tieners en volwassenes met FAS is nie,” het die woordvoerder gesê.

Alkoholgebruik tydens swangerskap het lewenslange gevolge vir die persoon wat voorgeboortelik daaraan blootgestel is.

“Alkohol is só skadelik vir die ongebore baba dat dit dikwels as “giftig” of “toksies” vir die fetus beskryf word.”

Volgens navorsing is een van die mees skadelike gevolge van alkoholgebruik vir die ongebore baba die skade wat aan die ontwikkeling van die brein aanrig word. Hierdie skade is permanent en hoewel daar programme en dienste bestaan wat die kind kan help om sy volle potensiaal te bereik, kan die skade van alkoholgebruik in swangerskap nooit omgekeer of weggeneem word nie.

Navorsing wat oor die afgelope tien jaar in die Langeberg gedoen word, dui daarop dat meer vroue op hou alkohol gebruik wanneer hulle uitvind dat hulle swanger is. “Hoewel dit ’n baie positiewe verwikkeling is, ontdek vroue eers in die derde of vierde maand dat hulle swanger is. Hierdie vroue se babas word dan baie dikwels onwetend aan alkohol blootgestel,” verte die woordvoerder.

Volgens haar is een van die redes waarom die Wes-Kaap die hoogste wêreldwye voorkoms van FAS het – in gebiede waar daar reeds sulke navor­sing gedoen is – die drink-patroon in ons gemeenskap. “Daar word dikwels geen alkohol gedrink gedurende die week nie, maar oor naweke word groot hoeveelhede alkohol gedrink.”

Volgens navorsing word ’n swanger vrou se baba aan dieselfde hoeveelheid alkohol blootgestel as dit wat sy ingeneem het, maar die baba bly baie langer aan die alkohol blootgestel omdat sy/haar liggaam nog nie genoeg ontwikkel het weer van die alkohol ontslae te raak nie.

“Daar is geen veilige hoeveelheid alkoholgebruik in swangerskap nie. Die beste raad vir elke voornemende ma is om haar swangerskap te beplan sodat sy nie onwetend alkohol inneem wanneer sy reeds swanger is nie.

“Die enigste alternatief as ’n vrou alkohol gebruik, is om seker te maak dat sy voorbehoeding gebruik om nie onbepland swanger te raak nie. Vroue wat borsvoed, moet ook alkohol vermy omdat alkohol in borsmelk ook nadele vir die baba se groei en ontwikkeling inhou.”

Volgens die woordvoerder behoort pa’s ook ’n baie groter rol in die voorkoming van FAS te speel deur hul lewensmaats te ondersteun om nie alkohol te gebruik in swangerskap nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.