Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Garsgebak nie te lig bevind nie

VLV-lede het verlede week eerstehands ’n broodjie wat met garsmeel pleks van koringmeel gebak is, geproe en geleer dat koringmeel nie die enigste soort meel is waarmee gebak en gebrou kan word nie.

Die geleentheid was die Bredasdorp- VLV se Augustus-byeenkoms wat Dinsdag 6 Augustus in Overberg Agri se opleidingsaal gehou is.

Die garsmeel-uitdaging was een van twee uitdagings wat deur die VLV vroue aanvaar is met die oog op die Nampo-landbouskou in September.

Dinsdag se gebak was die gevolg van talle proefnemings met ’n meelsoort wat nie algemeen vir bak gebruik word nie. Die eindproduk is deur verskeie baasbaksters geproe, geweeg en gelukkig nie te lig bevind nie.

Marie Spamer en Jossie Swart, twee VLV-veterane, het die kop geknik en verklaar dat daar “nie veel verskil” tussen die varsgebakte garsbroodjie en ’n varsgebakte koringmeelbroodjie is nie.

Die vroue het nog nie op die vermeende gesondheidsvoordele van hierdie “nuwe” meel ingegaan nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.