Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gazette finalis vir FCJ-pryse

Swartland Gazette is onlangs benoem as ’n finalis in die gesogte FCJ-pryse vir 2019. Die prysuitdeling is Vrydag (26 Februarie) virtueel aangebied.

Die nasionale kompetisie, wat deur die forum vir gemeenskapsjoernaliste aangebied word, vereer jaarliks uitnemendheid in joernalistiek.

Altesaam 426 inskrywings is in die verskillende afdelings, waaronder beste voorblaaie, beste gemeenskapskoerante, fotograaf van die jaar en joernalis van die jaar, ontvang.

Gazette was onder die top vyf finaliste in die afdeling vir gratis koerante wat deur ’n maatskappy besit word (minder as 24 bladsye). South Coast Sun, ’n gemeenskapskoerant uit die Caxton-groep het met die louere weggestap.

Altesaam 27 inskrywings is in dié afdeling ontvang.

Koerante in die Boland Media-groep, ’n vertakking van Media24, wat pryse ontvang het, was ons susterskoerante DistriksPos (beste korporatiewe betaalde gemeenskapskoerant: sirkulasie meer as 5 000), Paarl Post (derde plek vir beste voorblad: korporatiewe betaalde gemeenskapskoerante, asook derde plek vir beste korporatiewe betaalde gemeenskapskoerant: sirkulasie meer as 5 000); en Hermanus Times (derde plek vir beste korporatiewe betaalde koerant: sirkulasie minder as 5 000).

Vanjaar is ’n rekord aantal inskrywings in die meeste kategorieë ontvang, waaronder ’n paar nuwelinge.

Die volledige lys van benoemings en wenners is beskikbaar by www.fcjonline.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.