Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gedenkdiens om woordman te groet

Riviersonderend se woordman, Fred Boshoff, se gedenkdiens is Donderdag deur ds. Kobus Pretorius gelei.

Ds. Pretorius het vertel dat Fred se bydrae tot die gemeenskap van onskatbare waarde was en dat hy ’n mense-mens was. “Hy het voluit geleef vir sy medemens.”

Letty-Ann Möller, ’n omroeper op Radio Overberg, het namens Faan Steyn ’n huldeblyk gelewer.

Steyn het Fred leer ken toe hy tydens siekte ’n boek wou skryf oor sy lewenservaringe. Volgens Steyn was dit die gesels oor koppies koffie wat die lekkerste was en wat hy altyd sal onthou.

Fred het ná voltooiing van sy BA-graad eers by Beeld, daarna by die Pretoria News en laastens by Rekord in Pretoria as joernalis gewerk. Hy het ’n omvattende bydrae as skrywer, digter, vertaler, subredakteur en mentor vir jong skrywers gelewer. Ná 35 jaar in die koerantbedryf het Fred afgetree en in 2015 as korrespondent by die Theewaterskloof en Kaap Agulhas Gazette aangesluit.

Fred was die outeur van tien publikasies. Steyn se huldeblyk verwys ook na Fred as ’n mense-mens, “innemend en behulpsaam. ’n Besondere familiemens wat terdeë gemis sal word. Hy was iemand wat nie kwaad in ander gesien het nie”. Steyn noem voorts dat as ’n gemeenskapsgerigte Riviersonderender en lid van die NG kerk hy ’n leemte sal laat wat moeilik gevul kan word.

Elize du Plessis, Fred se lewensmaat, het na afloop van die gedenkdiens hartseer gesê sy mis vir Fred, “ongelooflik baie . . .”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.