Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gee aandag aan ons paaie

Ek rig hierdie brief na aanleiding van die brief in verlede week se Gazette deur Norman Evertson van Montagu.

Ek is ’n oudinwoner van Robertson en kom een keer per maand vir my kinders kuier, dan tel ek graag ’n Gazette op om te sien wat in ons omgewing aangaan.

Ek moet sê dit is verfrissend om te sien dat die Gazette oor ’n verskeidenheid onderwerpe skryf en dat alles nie oor moord en roof gaan nie – hier is beslis baie goeie nuus in die Langeberg.

Ek wil met meneer Evertson saam stem deur te sê dit is nie altyd as gevolg van dronkbestuurders wat ongelukke gebeur nie, maar ook deur roekelose en nalatige bestuurders wat ongeduldig is.

Ek ry elke laaste Vrydag van die maand Robertson toe uit die noordelike voorstede van Kaapstad en ondervind dat motoriste nie padveiligheid hoog op prys stel nie.

Die pad tussen Robertson en Worcester ry nou baie lekkerder as voorheen en ek moet sê jy kom vinniger by jou bestem­ming uit, maar daar is steeds padvarke wat die padreëls ondermyn – nie net op die langpad nie, maar ook in die verskillende dorpe.

Dit is vir my verbasend dat die verkeersbeamptes nie gereeld die paaie patrolleer nie. Werk die munisipale verkeersdienste dan net tot 16:00?

In my jong dae het die polisie en verkeersbeamptes jou sommer op elke hoek en draai ingewag en vir ’n rybewys gevra.

’n Ander ding wat my ook diep grief, is die toestand van die paaie in die Langeberg – dis asof daar net in sekere gebiede aan paaie aandag gegee word. Ek het nou die ander dag in Bonnievale gery en mens is die strate in die woonbuurte darem verniel, om nie te praat van die strate in Droëheuwel in Robertson nie.

En kan iemand vir my sê wanneer hierdie brug in Ashton nou klaar gaan kom, dit voel soos ’n eeu gelede wat hulle daarmee begin het. Teen die tyd wan­neer hulle met die brug klaar gaan wees, gaan die dorp se naam seker na Bridgeston verander.

Die pas tussen Ashton en Montagu lyk my word ook teen ’n slakkepas vergroot. Ek sien ons ry nou weer aan die ander kant van die pad. Die verkeerreguleerders lyk my slaap ook op hul pos, want ek is vreesbevange om daardeur te ry omdat hulle sommer enige tyd iemand laat deur ry.

Die owerhede sal regtig hierdie dinge moet aanspreek en baie vinnig ook.

O, nee wag, dit is juis die owerhede wat aangespreek moet word hieroor.

Ben van As,
oud-robertsonner
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.