Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geen drank glo vir ‘BBP’s’

Derick Appel, sekretaris van die ANC in die Overberg, is geskok én kwaad ná ’n voorval by Caledon-gholfklub voor­verlede Maandag (25 Februarie).

Appel vertel dat hy ná ’n verkiesings­ver­gadering by die tennisklub met die ANC-ambassadeur, Shaun Beyneveldt, lid van die nasionale parlement, Andrew Madella en raadslede wou gaan koeldrank drink by die Caledon-gholfklub.

“Ons is gestop, want die munisipale gholfbaan is nou glo slegs vir lede oop.”

Appel sê hy weet nie meer nie, “want nes ons ’n nasie wil bou, steek die lelike ding, rassisme, sy kop uit.”

Henry Metcalf, president van die klub, het by navraag gesê ingevolge die Drankwet mag slegs lede van Caledon-gholfklub van die kroeggeriewe gebruik maak.

Hy het voorts verduidelik wanneer ’n gholfdag by die klub gehou word, betaal spelers ’n inskrywingsfooi wat hulle dan tydelike lede maak vir die dag. “Slegs lede of genooide gaste word dus toegelaat om van die geriewe gebruik te maak.”

Metcalf het voorts gesê Caledon-gholfklub is een van die eerste klubs wat sy deure vir alle spelers oopgemaak het. . AO George Fritz, drankbeampte van Caledon-polisie sal by sy provinsiale hoof navraag doen oor die lisensies van die gholf- en rolbalklub. Die koerant sal volgende week sy terugvoer publiseer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.