Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geen ‘klankie’ meer by nuwe gerief in Riviersonderend

Die onooglike en onwelriekende vullis­hope en asgate in Riviersonderend gaan een van die dae iets van die verlede wees.

Dit gaan vervang word deur ’n omgewingsvriendelike ligte nywerheids­afval-oorlaaistasie of “Waste Transfer Station”.

Die sleutelwoord is hier “oorlaai” of “transfer”. Die vuilgoed of afval word soos gewoonlik opgelaai voor huise en sakeondernemings deur reusevragmotors en dan na die oorlaaistasie vervoer. Hiér word dit binne ’n gebou wat toegebou is – dit is onder dak en die kante is toe – afgelaai. Die afval word dan gesorteer. Dit wat herwin kan word soos bottels, kannetjies en ander materiaal word uitgehaal en die res van die afval word dan oorgelaai in ’n ander wipbak. ’n Vragmotor verwyder dan hierdie afval uit die dorp uit na ’n landvul- of stortingsterrein in Karwyderskraal naby Hermanus. Hierdie stortingsterrein het ’n beraamde leeftyd van 56 jaar.

Plaaslike munisipale bestuurder, Marco de Jong, en raadslid Stephan Potberg is onlangs na só ’n oorlaaifasiliteit wat reeds in volle bedryf is in Grabouw en was beïndruk met dié proses.

Volgens Potberg speel die weersomstandighede geen rol hier nie. “Omdat die afval in ’n fasiliteit wat toe is afgelaai en gesorteer word en weer oorgelaai word, kan afval nie deur die wind of reën weggewaai of weggespoel word nie. Omdat die fasiliteit toe is, is die hele proses omtrent reukloos vir die omliggende huise en strukture in die dorp.” Die oorlaaistasie is toegekamp en is voorsien van hekke sodat dromkrappers nie toegang het nie. Voorts skep dit werkgeleenthede en is omgewings­vriendelik. Reukbesoedeling word beperk omdat die fasiliteit toegebou is en afval so vinnig as moontlik uit die dorp verwyder word. Hier geld ’n eerste-in-eerste-uit beginsel. Geraasbesoedeling word ook beperk in die toegeboude fasiliteit. Herwinning van materiale word geoptimaliseer. Dit skep ook geleentheid vir entrepreneurs met herwinning. Groen tuinafval word apart gestort en word op die terrein tot bemesting in spesiale houers vir die doel bewerk.

Kostebesparing, groter veiligheid en vermindering van verkeer wat gewoonlik gepaard gaan met die verwydering en aflaai van afval, omdat groter voertuie gebruik word. Dit verskaf ’n afval- en herwinningsmateriaal-aflaaipunt aan inwoners wat maklik bereikbaar is en veilig is.
Fred Boshoff

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.