Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geldwa gekaap, OTM besteel

’n Onbekende bedrag geld is verlede Dinsdagmiddag by die Capitec OTM by Shoprite gesteel.

Dit nadat die transitovoertuig van ’n sekuriteitsmaatskappy omstreeks 13:15 op die R46 buite Villiersdorp gekaap is en daarna Robertson toe is.

Volgens die Robertson-polisie het die verdagtes na die Robertson Shoprite-winkelsentrum se Capitec OTM gegaan. “Die personeel van die Shoprite was onder die indruk dat die verdagtes sekuriteitswagte is wat verantwoordelik is om die kontant in die OTM te laai,” sê Robertson-polisie.

Die verdagtes het toe ’n onbekende bedrag geld gevat en met ’n tweede voertuig van die toneel gevlug.

“Die sekuriteitswagte is na Harare in Khayelitsha, Kaapstad, geneem waar hulle afgelaai is,” sê die Robertson-polisie verder.

Die polisie sê ’n saak is in Harare geopen en die saak word tans ondersoek.

Capitec het die voorval bevestig en gesê die saak word nog ondersoek en hulle sal kommentaar lewer sodra die ondersoek afgehandel is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.