Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geluk aan dié sportsterre

Die SuperSport Let’s Play se sportster van die maand-kompetisie sal nie vanjaar kan voortgaan nie.

Dít weens die impak van die Covid-19-pandemie op skolesport.

Gazette het daarom besluit om nie nog maandwenners vir die jaar aan te wys nie. Daar sal ook nie vanjaar ’n Supersport-sportster van die jaar aangekondig word nie.

Volgens SuperSport se mediaskakelbeampte in die Wes-Kaap, Eduard Rosenstrauch, strek die kompetisie sover terug as 2006 in die Wes-Kaap en word ook by Express Media in KwaZulu-Natal en die gemeenskapskoerante in die Vrystaat sowel as in die Noord-Kaap aangebied.

“Die Swartland Gazette is bykans van die heel begin af by die projek betrokke en Let’s Play is trots om saam met die koerant te werk.

“Ongelukkig sal ons nie vanjaar kan voortgaan met die aanbied van die kompetisie nie aangesien alle skolesport vir 2020 gekanselleer is. Ons beplan om weer in 2021 voort te gaan met die Let’s Play se sportster van die maand- kompetisie en is baie opgewonde om weer al ons kampioene se prestasies op die sportterrein met hulle te kan deel,” verduidelik Rosenstrauch.

Gazette wens al sy Supersport Let’s Play se sportster van die maand-wenners vir 2020 geluk met hul uitsonderlike prestasies:. Maart: Eudrich Huysamen, ’n graad 8-leerder aan Hoërskool Swartland was op 14 jaar die jongste renjaer wat in die Formule M op Killarney gejaag het.. April: Jody Engelbrecht, ’n graad 6-leerder aan Riebeek-Wes Primêr is die Wes-Kaap-kampioen in die 100 m en 150 m asook die rekordhouer in verspring vir o.12-seuns by die 2020 se Wes-Kaap-atletiekkampioenskap vir laerskole. . Mei: Emma Hartley, ’n graad 8- leerder aan Hoërskool Swartland is die Wes-Kaap-kampioen in die 5 000 m-stap vir meisies o.15. Emma was ook verlede jaar ’n Let’s Play-maandwenner.. Junie: Die tweeling Danél en Mané Visser, graad 10-leerders aan die Hoërskool Swartland is albei in die Wes-Kaapse kusstreek se o.16A-aksienetbalspan opgeneem. . Julie: Kailen Kotze, ’n graad 8-leerder aan die Hoërskool Swartland is in die Suid-Afrikaanse junior span vir die 2020-’21-swemseisoen opgeneem. . Augustus: Séan Kavanagh, ’n graad 6-leerder aan die Christelike Privaatskool Malmesbury (CPM) het onlangs die David Butler-trofee ontvang vir junior seiljagvaarder van die jaar vir sy prestasies gedurende 2019. Hy was ook verlede jaar ’n Let’s Play- maandwenner.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.