Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gemeenskap blameer munisipaliteit

Behuising, sanitasie, water en krag. Dít is wat die mense van Droëheuwel van die Langeberg-munisipaliteit wil hê.

Die inwoners in Robertson-Noord sê hulle is moeg vir leë beloftes en wag al ’n jaar om te hoor wat die vordering en stand van sake is rakende hul griewe.

Sowat twee jaar gelede het die Langeberg-munisipaliteit aangekondig dat ’n grootskaalse behuisingsprojek van stapel gestuur sal word en dat kwessies wat hierdie gemeenskappe kniehalter eens en vir altyd aangespreek sou word.

In September 2018 is ’n kennisgewing in die koerant geplaas en die tenderproses is uitgerol, maar nou – meer as ’n jaar later– is die munisipaliteit stil en die probleme wat hulle in die gesig staar word by die dag meer, sê die inwoners.

“Daar is ongeveer 3 000 gesinne in dié omgewing op die waglys wat dringend behuising benodig. Daar is in totaal 9 475 in die hele Langeberg-omgewing – ’n lys wat daagliks groei. Die hartseerstorie is dat hulle beoog om net 188 huise te bou en hierdie belofte sloer al jare,” meen ’n bekommerde inwoner en weldoener in die gemeenskap, Danny September.

Die griewe is dat daar geen kragtoe­voer, sanitasiegeriewe en vullisverwy­dering is nie. Daar is ook nie genoegsame watertoevoer nie en boonop het die munisipaliteit besluit om ’n informele stortingsterrein tussen die informele huise te vestig waar vullis gegooi word en daagliks ophoop.

“Ons arme kinders word siek omdat ons nie die basiese geriewe het nie. Ons lewe dalk in informele huise, maar kyk hoe mooi kyk ons na ons plekke. Kyk hoe lyk ons tuine, ons huise binne en ons erwe. Ons is skoon en netjies, maar ons omgewing word ontsier met vullis en gemors,” meen een van die inwoners, Anna van der Merwe.

Die munisipaliteit het na bewering gesê dat die inwoners welkom is om tydelike toilette by die munisipaliteit te huur teen R900 per maand, maar dan word dit met drie ander gesinne gedeel – dit nadat chemiese toilette belowe is.

“Ons is moeg. Ons mense is moeg en ons kan nie altyd so baklei nie. Dit is ’n onreg wat ons mense aangedoen word en dit is belofte op belofte. Kinders en bejaardes word siek as gevolg van primitiewe geriewe wat gebruik moet word – dit is onmenslik. Verder word honderde gesinne gedwing om een kraan te gebruik om water te gaan skep. Ek voorspel dat die munisipaliteit die probleem eers in 2025 gaan aanspreek,” het September aan Gazette gesê.

Gazette het ’n navraag aan die munisipaliteit gerig en na ’n genoegsame wagtyd was daar geen terugvoer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.