Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Gemeenskapsveiligheid moet nou prioriteit word’

’n Gemeenskapsveiligheidsforum in Montagu poog om die stem vir gemeenskapsveiligheid te wees.

’n Lid van die forum en gemeen­skapswerker, Calvin Pekeur, het met Gazette gesels oor waarom dit belangrik vir dié forum is om sy stem dik te maak oor gemeenskapskwessies.

Een van die groep se nuutste projekte is ’n groep op sosiale media wat elke straat in hul wyk verteenwoordig en mense word dus bemagtig om misdaad onmiddellik te rapporteer.

“Daar word nie net gefokus op misdaad nie.

“Enige gemeenskaps­kwessies kan mense op die groep laai en ons maak seker dit word na die toepaslike partye versprei.”

Pekeur sê dis ’n interessante tyd met die “nuwe werklikheid” wat nou ’n mens dwing om skeppend te dink.

Die ander forumlede is Pieter Swart, Behanke Minnaar, Elmarie Opperman, Ellen Johnson en Carlo du Toit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.