Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Genoeg genade

2 Kor.12:9 – “My genade is vir jou genoeg, want My krag word in swakheid volbring.”

Die mees algemene begrip van die woord “genade” is God se onverdiende guns – met ander woorde selfs terwyl ons sondaars was en die oordeel verdien het, het God ons liefgehad. Genade praat ook van onverdiende vergewensgesindheid, goedertierenheid en barmhartigheid. Efes.2:8-9 verklaar dat ons uit genade gered is, en nie deur ons eie toedoen nie. Dit sê ook dat genade ’n gawe van God is, ons hele lewe is ’n lewe van genade – daar is niks wat ons uit onsself kan doen nie – ons is afhanklik van God. Selfs die ateïs wat sê daar is geen God nie, is ten volle afhanklik van God se genade.

Genade beteken ook God se in staat stellende krag. In ons verhouding met God – soos ons met Hom wandel elke dag – kry ons gedurig met situasies te doen wat probeer om ons te oorweldig. Ons optrede moet wees om Sy Woord te vertrou en ons gee uitdrukking aan ons vertroue deur gehoorsaamheid. Dit bewys dat ons die Woord van God glo ongeag wat die omstandighede mag wees. God se reaksie op ons geloof is Sy genade – Sy in staat stellende krag, wat ons laat triomfeer in elke situasie. In elke area van ons lewe is dit God se genade wat ons laat groei en sterk word. Ons het ook vryelik toegang tot die troon van genade. Hebr.4:16 – “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.”

Seënwense.

Pst. Gert Visser, Every Nation, Caledon

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.