Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gerugte van Covid-19 by wynplaas vals

Graham Beck in Robertson moes Donderdag 19 Maart vinnig reageer nadat gerugte die ronde gedoen het dat daar ’n Covid-19-besmetting op sy terrein was. Dit is nie so nie, sê die uitvoerende hoof van dié wynlandgoed.

’n Gerug het plaaslik die ronde gedoen omtrent ’n persoon wat die landgoed van Graham Beck buite Robertson besoek het en positief vir Covid-19 getoets is.

Chris du Toit, uitvoerende hoof van Graham Beck Enterprises sê: “Daar is geen waarheid in die gerugte nie. Onverantwoordelike uitlatings veroorsaak onnodige paniek in ’n tyd wat ons land dit die minste kan bekostig. Geen positiewe geval van Covid-19 is tot dusver by enige besoeker of personeellid van Graham Beck in Robertson aangemeld nie. Die veiligheid van ons werknemers en besoekers is van die grootste belang vir Graham Beck. Die proelokaal en openbare besoekgebied by Graham Beck is juis gesluit vir die publiek tot verdere kennisgewing as ’n voorsorgmaatreël ten einde risiko’s vir personeellede en besoekers te beperk. Die res van die landgoed se wingerde en keldergebied gaan voort met normale werksaamhede met die nodige voorsorgmaatreëls wat getref is. Ons volg streng internasionale beste praktyke asook die plaaslike departement van gesondheid se maatreëls, sowel as wetgewing soos wat dit deurlopend uitgereik word deur die regering rakende die situasie in ons land. Pro-aktiewe optrede om die veiligheid en gesondheid van ons personeel te verseker, bly ons prioriteit.”

Graham Beck is nie die eerste landgoed wat gerugte oor besmetting moes hokslaan nie. In Paarl en Worcester het gerugte verlede week oor besmetting ook kop uitgesteek. Verskeie wynplase het wel as voorsorgmaatreël gesluit.

Die toerismebedryf gaan tans gebuk onder die uitbreking van die koronavirus en verskeie wynplase, restaurante en venues moes vir eers, en tot verdere kennisgewing, hul deure sluit.

Hoewel die diskresie om te sluit of besoekers te beperk berus op die bestuur van verskeie wynplase in die streek het Gazette verneem dat die veiligste opsie sal wees om eers die wynplase of restaurante te skakel of hul sosiale media te besoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.