SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Nuus
Gewilde landbouskou bied dié naweek iets vir almal

Die naweek van 12 en 13 Oktober is dit weer tyd vir Villiersdorp se landbouskou.

Vanjaar kan besoekers hulle gereed maak vir ’n vermaakprogram uit die boonste rakke met kunstenaars soos Bok van Blerk, Elvis Blue, Jakkie Louw, Funky Ouma, Dani Villé en Blari Taberer.

Allerlei plaasaktiwiteite kan verwag word, van ’n trekkerbestuurder-kompetisie (aangebied deur VB Agri) en skouperde tot ’n uitgebreide kinderver­maak­program van Vrydagmid­dag net ná skool. Al die aksie word direk op Caledon FM uitgesaai, terwyl Vinet Internet Solutions gratis Wi-fi aan besoekers gaan verskaf.

Maak ook seker jy besoek Hoërskool De Villiers Graaff se steak-restaurant wat elke jaar baie gewild is vir sy sap­pige biefstuk en heerlike ontbyt.

Kaartjies vir volwassenes is R40 vir Vrydag en R50 vir Saterdag en kinders 16 jaar en jonger betaal R10. Die hekke maak om 08:00 oop. Vir nog inligting, skakel Edu Roux by 082 922 1123 of besoek die Facebook-blad by www.faceboek.com/villiersdorpskou

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.