Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
God – ons bron van lewe

God is die bron van alles wat ’n mens nodig het om te oorleef. Ons is elke sekonde afhanklik van God. Sy lewe is in ons en sonder Hom kan ons nie eens asemhaal nie.

Joh.10:10 sê Jesus Christus het gekom sodat ons lewe en lewe in oorvloed kan hê. Hierdie oorvloed spreek van geestelike sowel as materiële behoeftes. God, ons bron, wil ons in elke opsig seën. Hy voorsien in ons behoeftes (Fil.4:19) en Hy genees ons siektes (Jes.53:4-5)

Hy ondersteun almal wat val (Ps.145:14) en Hy rig almal op wat neergeboë is. Hy is naby almal wat Hom aanroep in waarheid (Ps.145:18-20) en Hy vervul die wens van dié wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en Hy verlos hulle.

Hy is ook ons Bewaarder wat nooit sluimer of slaap nie (Ps.121:5,7,8; Ps.91:10-11). Die Here is ook ons Leermeester wat vir ons insig gee in Sy Woord, (Ps.119:130) en Hy lei ons in alle waarheid en maak selfs toekomstige dinge aan ons bekend. (Joh.16:13) Hy is ook ons enigste ware Trooster (Joh.14:26). By Hom kan ons alles vind wat ons nodig het en slegs by Hom kan ons ware vrede vind.

Hy is bo alles ons Verlosser en Saligmaker, Leidsman, die Skepper, ons Maker en Almagtige God. Ons moet ons afhanklikheid van Hom erken en Hom al die eer gee.

Seënwense.

Past. Gert Visser Every Nation – Caledon

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.