Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
God wil jou genees . . .

Het jy al dikwels gewonder of dit God se wil is om iemand te genees van ’n siekte? Die Bybel maak dit duidelik dat God nie siekte gebruik om iemand te straf nie. Ons moet dus nooit siekte aanvaar asof dit God se wil is nie. Dit is God se wil dat ons goeie gesondheid geniet. Joh.10:10 sê die duiwel kom om te steel en te slag en te verwoes, maar Jesus het gekom om lewe in oorvloed te gee. Jes.53:4-5 bevestig dat Jesus ook vir ons siektes betaal het aan die kruis en nie net vir ons sondes nie.

Ons kan natuurlik siektes oor onsself bring deur nalatigheid, maar ook in hierdie geval is God se genesing beskikbaar, veral as ons ons nalatigheid bely en vergifnis vra. Gedurende Jesus se bediening op aarde het hy almal genees wat dit wou ontvang, selfs hulle wat in sonde gelewe het. Joh.5:14. “Jesus sê vir hom: Kyk jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.” Wanneer ons sondig, open ons die deur vir Satan om ons met siekte aan te val, maar Jak.4:7 sê dat ons onsself aan God moet onderwerp en die duiwel weerstaan. Wanneer ons vir ’n siek persoon bid moet ons nooit bid “laat U wil geskied” nie, want dan bid ons in stryd met God se Woord. Lees gerus Matt. 8:16-17. God wil jou genees.

Seënwense.

Past. Gert Visser Every Nation Caledon

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.